Categories
Magazine-Afrikaans Home Magazine-Older

Tuis Kombuis

Tuis Kombuis

Category: Home Price: 
Date: 2016 Special Edition Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: ’n Lekker plek vir bak en speel, ’n Keur uit die beste kombuise wat ons oor die jare gewys het en Maak ’n treffende hanglamp van herwinde bottels.   –   Tuis Kombuis bied ’n fantastiese versameling ontwerpidees as jy die hart van jou huis wil mooimaak! Van uitleg-konsepte tot afwerkings, beligting, krane en wasbakke – dié gids het als. Verkyk jou aan die opknapprojekte, kry inspirasie uit die nuwe kombuise, of oorweeg die vinnige oplossings as die geldjies knyp. Moet dit nie misloop nie!

Categories
Magazine-Older Magazine-Afrikaans Health

Huisgenoot: Vuurwarm

Huisgenoot: Vuurwarm

Category: Health Price: 
Date: 2020 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In Huisgenoot Raad: Vuurwarm: Volledige gids Hoe om menopouse te oorleef Jou nuwe lewe begin hier!; Dokters het my tot ‘n rolstoel verdoem, maar hier loop ek Binnelanders se Hannelie Warren; Top-modewenke Amy, Minki se ma en ander wys hul styl; Raad vir jou maat (en die man-menopouse); ‘So het ons dit gedoen’ Deirdre Wolhuter, Denise Newman en Henriëtta Gryffenberg deel hul stories en raad en Lyk op jou beste Wenke, produkte en behandelings.   –   Warm gloede? Beneuktheid? Onwelkome ekstra kilo’s? Die menopouse is nie almal se vriendin nie, maar dit kondig ook vir vroue in hul middeljare ? opwindende lewensfase aan waarin jy jou op nuwe maniere kan uitleef. Vuurwarm is Huisgenoot se tydskrif spesiaal vir vroue in hul menopouse – volgepak met kennersraad en inligting oor simptome en hoe om dit vas te vat, hormoonterapie, mode, skoonheid (plooie!) en jou liefdeslewe. Asof dit nie genoeg is nie, deel verskeie vroue wat die menopouse-T-hempie al lank dra, hul ervaring en raad – van Henriëtta Gryffenberg en Hannelie Warren tot Denise Newman en selfs iemand wat in haar 50’s ? gesogte model geword het!

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Children

Huisgenoot: Huiswerk Gedoen

Huisgenoot: Huiswerk Gedoen

Category: Children Price: 
Date: 2019 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Dié slag het ons ’n omvattende afdeling oor vervoer met artikels oor vliegtuie, treine, motors en skepe, en ons kyk ook terug na hul geskiedenis en ontwikkeling asook na motorenjins en Suid-Afrika se hawens. Ons het ook so baie wonderlike artikels oor insekte dat ons weer ’n afdeling daaroor wou insluit. Dié keer het ons inligting oor miere, skoenlappers, sprinkane en stokinsekte.   –   Speel vinnig klaar met skoolprojekte met die hulp van Huisgenoot se Huiswerk Gedoen no. 2. Dit is propvol interessante feite, van voëls en insekte tot die geskiedenis van vervoer en die oorsprong van kos. Elke artikel is op die skoolleerplan gegrond en sluit ’n lys leersame webtuistes, video’s en apps in.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

SARIE : Kokkedoor

SARIE : Kokkedoor

Category: Food & Beverage Price: 
Date: Spesiale Uitgawe 2019 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie spesiale uitgawe van Sarie Kokkedoor: Die wenners Pasch du Plooy en Wilhelmina Garção deel hul kos-idees + die beste van elke uitgading; Uit die spens! 600 eiers, 60 l heuning, 120 kg rooivleis, 140 l olyfolie, 60 kg suurlemoene; 60 TV-resepte vir die huiskombuis Melksnysels, Appelbrood, Gebraaide geelstert, Karringmelkpoeding, Koekstruif en nog meer.   –   Hierdie tydskrif is spesiaal vir jou – die kyker, kok en die eintlike fakkeldraers van Suid- Magazine-Afrikaanse kos. Kom sit aan ons langtafel en geniet 60 resepte uit die reeks. Elkeen is gekies uit die beste van elke episode, getoets en verfyn sodat jy dit sonder enige vrees in jou huiskombuis kan maak. Die geregte is uniek, romanties en anders, nes ons Suid-Afrikaners mos maar is. Lekker kook en geniet elke geur.

Categories
Home Magazine-Older Magazine-Afrikaans

Tuis Badkamers

Tuis Badkamers

Category: Home Price: 
Date: 2019 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Tuis Badkamers: 50+ Tydlose badkamers Kontemporêr, romanties, propvol kleur, pure plaas; Opgeknap 5 lesers wys hul projekte; Raak Kreatief ‘n Spoggerige gastetoilet en Begeerlike buitestorte; 25 vinnige planne! Maak mooi met min.   –   Tuis Badkamers is ’n eenstopgids vir enigeen wat droom van ’n badkamer-opknap – of jy nou wil bou en breek, of net lus is vir mooimaak. In ware Tuis-styl is dié uitgawe propvol praktiese wenke en kennersraad, van opsies vir teëls en stortkoppe tot elegante pootjiesbaddens en die mooiste bykomstighede.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Huisgenoot: Superslaaie vir elke Seisoen

Huisgenoot: Superslaaie vir elke Seisoen

Category: Food & Beverage Price: 
Date: Issue 2019 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Gekap, gepak, gemeng of gedekonstrueer – slaai is van die veelsydigste en dikwels ook gesondste geregte waarmee ons ons tafels kan versier.   –   Slaai is van die veelsydigste en dikwels ook gesondste geregte waarmee ons ons tafel kan versier. Dit kan enige tyd van die jaar ’n heerlike rol in elke middagof aandete speel. Met 32 resepte in Huisgenoot se Superslaaie vir elke seisoen kan jy in ’n kits ’n verruklike en voedsame gereg voorsit. Slaai hoef nooit weer vervelig te wees nie!

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Fishing & Hunting

Landbouweekblad: Kind

Landbouweekblad: Kind

Category: Fishing & Hunting Price: 
Date: Somer 2020/2021 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Landbou Kind: Begin jou eie kostuin Beste wenke vir aarbeie, wortels, boontjies en meer; Dieremaniere Maats vertel meer oor hul hondevriende; Die kinders kook! 9 resepte waaraan die hele gesin sal smul; Partytjietyd Maklike verjaardagkoeke & plaasdier-kolwyntjies; Kopkrappers vir slimkoppe • Woordsoek • Blokraaisels • Raaisels • Sudoku en Staan saam teen boelies Hier is raad!   –   LANDBOUkind is propvol kindervriendelike resepte, sakpas-verjaardagkoek-idees, maklike handwerkprojekte, ‘n kostuinprojek, troeteldierrubriek en hope ander vermaak vir kinders tussen 6 en 13 jaar.

Categories
Magazine-Afrikaans Entertainment Magazine-Older

Huisgenoot Die Onvertelde Stories

Huisgenoot Die Onvertelde Stories

Category: Entertainment Price: 
Date: 2016 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Essays oor wat agter die Huisgenoot-skerms gebeur het deur skrywers soos Dana Snyman, Elsa Joubert, André le Roux, Marida Fitzpatrick, Erns Grundling, Pieter van Zyl, Yvonne Beyers, Haidee Muller, Ilza Roggeband en meer. Met sketse deur Fred Mouton.   –   Om voor ’n kwaai seekoei te moet spaander. Om in die tronk te beland wanneer jy foto’s van Brad Pitt en Angelina Jolie probeer neem. Om duisende kilometers te vlieg sodat jy stories in die woude van die Filippyne of die voorstede van Nieu-Seeland kan gaan jag. Dit is die wêreld van Huisgenoot se redaksie. Hier vertel skrywers soos Dana Snyman, Elsa Joubert, André le Roux, Yvonne Beyers, Marida Fitzpatrick, Pieter van Zyl en ander van die avonture wat hulle moes deurmaak om van jou gunstelingstories te kry.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Fiction

Huisgenoot Kortverhale

Huisgenoot Kortverhale

Category: Fiction Price: 
Date: 2016 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Huisgenoot Kortverhale Stories uit ons argief.   –   Ter viering van die verbeelding het ons stories uit ons argief gaan bymekaarmaak vir ’n aparte tydskrif wat perfek pas in ’n handsak of op ’n oorvol bedkassie. Onder die 34 verhale is een ekstralange deur Deon Meyer, Die Derde Laai, wat tevore as ’n vervolgverhaal in Huisgenoot verskyn het. Die ander stories is ook uit die pen van skrywers wat al geliefd geword het by ons lesers.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Huisgenoot se 30 Idees vir Ontbyt

Huisgenoot se 30 Idees vir Ontbyt

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2016 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Of jy nou iets ligs of ’n stewige ontbyt verkies, ons het dit hier. Dié boekie bevat 31 van ons gunstelingontbytresepte.   –   Maak jou eerste maaltyd van die dag ekstra spesiaal! Hierdie klein boekie bevat ’n verskeidenheid resepte – van warm ontbyte soos spinasie-en-koljander-panomelet tot laatontbyte soos ’n spoggerige souterige pannekoekstapel of New York-strata. Daar is ook soet ontbyte soos spekvleisroomys met wafels en peuselontbyte wat vooraf gemaak kan word vir ’n besige oggend soos neuterige piesangmuffins en goue pampoenskons. Of jy nou iets souterig of ’n tikkie soet soggens verkies, jy sal kry waarna jy soek in Huisgenoot se 30 Idees vir Ontbyt.

Categories
Magazine-Older Magazine-Afrikaans Women's Interest

Huisgenoot: Aftrede

Huisgenoot: Aftrede

Category: Women’s Interest Price: 
Date: 2019 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Die groot gids vir jou goue jare Topraad en inspirasie vir jou nuwe hoofstuk; Jou verhoudings Jy en jou maat, Jou kinders en kleinkroos, Vind weer liefde, Totsiens, eensaamheid!; Jou geldsake Beplan slim, Rek jou neseier, Skep ’n inkomste, Kies ’n woonplek; Gesondheid Doen dié toetse, Bly so fiks, Eet gesond, Daardie skete …; Rek jou rande Dís waar jy oral afslag kan kry.   –   Kry inspirasie en neem beheer oor jou aftrede. Huisgenoot se Aftrede-tydskrif help jou met die regte ingesteldheid en raad om dié lewensfase met oorgawe aan te pak en te beleef. Kry raad oor onder meer hoe om jou geld te bestuur, waar om te woon, hoe om fiks te bly en hoe om gesonde verhoudings te handhaaf. Vind uit waar jy pensioenaris-afslag kan kry en hou jou geheue skerp met heerlike raaisels en speletjies in die uitgawe.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Huisgenoot se Die Koelste Kosblik-idees

Huisgenoot se Die Koelste Kosblik-idees

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2016 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Moeg vir kaastoebroodjies? Ons het van ons gunstelinginpakkosresepte in hierdie boekie saamgevat. Met die heerlike verskeidenheid vir kinders, volwassenes en vegetariërs is dit maklik om elke dag ’n smaaklike én interessante kosblik te pak..   –   Ons weet almal ’n mens het gedurende die werkof skooldag ’n goeie, vullende maaltyd nodig om vol woema te bly. Huisgenoot se Koelste Kosblik-idees bevat ’n verskeidenheid resepte vir kragkos ideaal vir die werkof skoolkosblik. Die afdeling oor skoolkosblikke sluit onder meer resepte in vir tuna-samoesas, bros hoenderstukkies en bobotie-handpasteie. In die werkkosblik-afdeling sal jy resepte vind vir Persiese frikkadelle, botterhoender, vetkoek met gepluisde varkvleis en nog baie meer! Ons het ook lekker vegetariese opsies ingesluit en resepte vir gesonde soet peuselhappies vir daardie laatmiddaghongert.

Categories
Magazine-Afrikaans Sports Magazine-Older

Weg! Toerfiets

Weg! Toerfiets

Category: Sports Price: 
Date: Year 2021/2022 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Weg! Toerfiets: 2022-Kalender Hier’s jou lys van die 33 mooiste avontuurrenne in SA en oorsee; Richtersveld Oorleef ’n week in die wildernis met ’n FB-vriend; Canal du Midi Ja, jy kan Frankryk met klein kinders aanpak!; Lesotho Onfiks, maar moedig – die bergkoninkryk op ’n Gumtree-fiets; Profiel Lael Wilcox – avontuurrenne se ystervrou en 4 saalsakke wat jou sak pas, Stap vir stap: Diens jou vurk self, ’n E-fiets as toerfiets? Natuurlik, maar …, Europa vir 60-plussers – ’n kitsgids   –   En hier is ToerFiets, Suid-Afrika se nuwe fietstydskrif – en ‘n eerste in Magazine-Afrikaans. Vind inspirasie uit ons kleurvolle toer-artikels, van reise plaaslik en oorsee. Of dalk soek jy net raad wat om in te pak. Of watter items jou lewe op die saal net daardie tikkie makliker (en gemakliker) gaan maak. Ons toerusting-seksies bied ‘n raakvat oorsig vir als wat nuut op die rak is. Vind indiepte profiele oor die mense wat saak maak in die bedryf – van fietsbouers in Woodstock tot die vinnigste vrou in avontuurrenne. Ons boeke-seksie deel die merkwaardige verhaal van hoe ‘n fietstoer deur Tibet ‘n Kanadese egpaar se huwelik gered het (wel, hulle was gewoond aan die sneeu). En as jy ‘n kranige selfdoener is, wys ons jou hoe om jou eie remme te bloei. ToerFiets bied iets vir enigeen oud en jonk. Van die rusbank-toerdromer tot die langpad-trapper van die Sederberge. Saal op, met jou nuwe ToerFiets in die hand.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Food & Beverage

Huisgenoot-Wenresepte

Huisgenoot-Wenresepte

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2016 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Huisgenoot Wenresepte 52 Fantastiese Geregte, van maklike etes tot salige soetgoed en Episode-wenner Isabella Niehaus wys haar feta-en-spinasie-quiches.   –   Wonder jy wat jy vanaand vir ete kan maak? Kies dan iets wat maklik, vinnig en smaaklik genoeg is om vir Huisgenoot se TV-program Jy Het ’n Wenresep op die DStv-kanaal VIA gekies te word! Elke resep in die boek is deur een van die program se bobaas-kokke ontwikkel en word beoordeel volgens smaak, interessantheid, bekostigbaarheid, varsheid en die tyd wat dit verg. Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus, gee boonop vir van die resepte ’n effense kinkel, deel planne om kosflaters te red en gee ook raad oor hoe om ’n gereg te geur dat dit op sy lekkerste smaak.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Sarie Diabetes

Sarie Diabetes

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2016/2017 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Dit word wêreldwyd ’n epidemie, daardie sluipersiekte diabetes tipe 2. Dit kan ook jou voorland wees. Hoe beskerm jy jouself? Verander jou lewe met dié eetplan. Kies regbotter of magerien? Springmielies of jogurt?   –   Dis ’n nuutjie, ons SARIE diabetes-tydskrif vol raad en resepte, spesiaal vir ons lesers.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Children

Huisgenoot Het jy Geweet?

Huisgenoot Het jy Geweet?

Category: Children Price: 
Date: My land Suid-Afrika Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Huisgenoot: Het jy geweet? My land Suid-Afrika Verstommende feite vir kinders – die Groot Vyf, aardige dierasies, fassinerende plekke en soveel meer…   –   Peper jou kinders jou gedurig met vrae oor alles en nog wat? Hier is die antwoord! Huisgenoot se Het Jy Geweet? bevat hope kindervriendelike illustrasies propvol feite wat jou kinders ure lank sal besig hou. En hulle sal mal daaroor wees om te kyk hoe die illustrasies in 3D lewe kry!

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Huisgenoot: Kook Vooruit

Huisgenoot: Kook Vooruit

Category: Food & Beverage Price: 
Date: Issue 2019 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Wees slim, kook baie en vries! Ons deel ’n klompie geheime wat kosmaak maklik maak. Berei ’n grootmaatresep as basis, vries dit korrek en tower op ’n ander dag in ’n japtrap nog twee of drie heeltemal nuwe etes daarmee op!   –   Kook een keer groot en trek ’n paar etes later nog voordeel daaruit. Met elk van die klompie basiese resepte in Huisgenoot-Kook Vooruit kan jy nog twee of drie heeltemal nuwe etes optower. En by elke gereg is vriesaanwysings – dus kan jy op ’n besige dag iets uit die vrieskas opdiep en soos blits kos op die tafel sit

Categories
Magazine-Afrikaans Lifestyle Magazine-Older

Insig

Insig

Category: Lifestyle Price: 
Date: 2019 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Hier’s ons weer! ‘n Anderse reünie-uitgawe; Snorseun Schalk Bezuidenhout die outjie van Kempton; Wyse woorde vir verwarrende tye; Eksklusief Breyten Breytenbach oor sy laaste dag van sewe jaar agter tralies; ‘Ek het motorneuronsiekte’ Hannelie Booyens oor die terapie van galgehumor en nog baie meer; plus 32 bladsy fiksiebylae ingesluit.   –   ’n Eenmalige “anderse reünie-uitgawe” van die leefstylen meningsblad wat in 2005 bekroon is as beste tydskrif in die land bied wyse woorde vir verwarrende tye. Die tydskrif is ’n unieke kombinasie van die beste argief-inhoud en nuwe artikels wat met mekaar “praat”. Van die woordtowenaars wat deel is van hierdie toe-en-nou-gesprek is Karin Brynard, Ronelda S. Kamfer-Trantraal, Dominique Botha, Rian Malan, Jackie Nagtegaal, Saartjie Botha, Eben Venter, Ricardo Arendse, Ivor Price, Anneliese Burgess, Ingrid Winterbach, Gielie Hoffmann, Johannes de Villiers, Kabous Meiring, Marlene van Niekerk, Schalk Schoombie, Martie Retief-Meiring, Toast Coetzer, Koos Kombuis en meer. En dis net die tydskrif. Dan het ons nog ’n fiksiebylae ook – 32 bladsye op dieselfde lees geskoei, wat jou gaan laat lag, huil én hoendervleis kry. Dink P.G. du Plessis, Loftus Marais, Zander Strachan, Chase Rhys, Danie Marais, Chris Barnard, Valda Jansen, Bibi Slippers, Sophia van Kapp, Kirby van der Merwe, M.S. Burger … Jy kry dus twee boeke in een!

Categories
Magazine-Afrikaans Lifestyle Magazine-Older

Huisgenoot 100

Huisgenoot 100

Category: Lifestyle Price: 
Date: 2016 Special Edition Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Huisgenoot 100: ‘n eeu van nuus, scoops, glans en raad die stories, die mense, die lag en trane.   –   Huisgenoot is vanjaar 100 jaar oud – en om dit te vier, het ons ’n pragtige gedenkboek saamgestel waarin ons terugkyk op die grootste nuusgebeure van die afgelope eeu, die glansmense wat ons gefassineer het, en al die jare van lag en trane. Nie net sal jy heerlik lees aan hierdie versamelaarsuitgawe nie; jy sal dit ook wil bewaar as ’n dokument van ons tyd.

Categories
Men's Interest Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Wegsleep Kampgids 2016

Wegsleep Kampgids 2016

Category: Men’s Interest Price: 
Date: 2016 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Soos met enigiets anders in die lewe het kampering ook ’n bietjie administratiewe werk wat jy onder die knie moet kry voordat die wiele begin rol. Dis gelukkig nie hoërgraadwerk nie, maar as jy dit afskeep, kan jy dalk probleme kry. ’n Reis op die langpad is net soveel lekkerder as jy voorbereid wegtrek na jou bestemming.   –   Kampgids is ’n nuttige handleiding vir slepers en kampeerders, propvol inligting oor die wetgewing, regulasies, reëls en al die papierwerk. Dit bevat ook raad en wenke oor jou woonwa en hoe jy dit moet sleep.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Celebrity

Joost van der Westhuizen bylaag

Joost van der Westhuizen bylaag

Category: Celebrity Price: 
Date: 2017 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: 24 Ble. Bêrebylae oor Joost van der Westhuizen. Sy lewe van glorie en tragedie.   –   Hy is ’n legende wat onthou sal word as ’n rugbyheld, maar veral ook vir sy veggees deur swaar tye. Huisgenoot bring hulde aan Joost van der Westhuizen in ’n spesiale bêrebylae van 24 bladsye wat sy lewe van glorie en tragedie in woorde en treffende foto’s uitbeeld.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Animals and Pets

Dieremaniere

Dieremaniere

Category: Animals and Pets Price: 
Date: Spesiale Uitgawe Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Hoe slim is Basjan? Doen die hond-IK-toets!; Maak dit tuis Gourmet-resepte, Ontwerperhok, Hoenderhotel; 6 Goeie drafmaats (& oefenprogram vir julle albei); 15 Dinge wat jou hond vir jou wil sê; ‘Só het ek ‘n wilde kat getem’; Die moets en moenies van jou nuwe koi, papegaai, slang, hasie, vark, hoender en Praat diere ‘menstaal’? Ja, luister net!   –   Dieremaniere is die eerste jaarlikse tydskrif vir troeteldierliefhebbers, en ’n gesamentlike projek tussen 11 redaksies binne Media24. Die tydskrif bied hope raad oor babahondjies, katte, konyne, koi-visse, slange, varkies en selfs hoenders. Die tydskrif het ook diepte-artikels wat vrae beantwoord soos “Kan diere met mense kommunikeer?”; en “Hoe intelligent is honde?”

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Food & Beverage

Huisgenoot: Feeskos

Huisgenoot: Feeskos

Category: Food & Beverage Price: 
Date: Somer 2020 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In Huisgenoot Feeskos: 136 Resepte vir spesiale tye Laat ons eet, drink en vrolik wees!   –   Die somer met al sy feesen vakansiedae is om die draai en ons mag weer mense vir ‘n lekker kuierslag uitnooi! Huisgenoot-Feeskos is spesiaal ontwerp om jou hiermee te help en bied die allerheerlikste resepte, uithang-spyskaarte en inspirerende idees vir tafelversiering. Of jy nou ‘n peuselpartytjie, ‘n stoep-ete of ‘n lekker braai beplan – jy sal hier alles kry wat jy nodig het, selfs resepte vir mengeldrankies en fopdoppe

Categories
Magazine-Afrikaans Entertainment Magazine-Older

Stroom Saam!

Stroom Saam!

Category: Entertainment Price: 
Date: Somer 2022/2023 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Stroom Saam!: 10 Van die bestes! Toeka se goue-oues, Beste reekse van alle tye, Magazine-Afrikaanse treffers; Hoe, wat, waar? Als oor die tegnologie, koste en katoeters; Kies & keur Tussen vele programme, flieks en reekse met ons gids.   –   Wil jy jou gunsteling-program kettingkyk, maar jy weet nie waar om dit te kry nie? Het jy ‘n epiese reeks klaar gekyk en wonder wat jy volgende kan aanpak? Stroom Saam! sal al jou vrae oor stroomdienste beantwoord. Van al die tegniese aspekte van hoe en waar jy al die stroom-apps kan kry, hoe om dit op jou ouer model TV te laai en wat jy nodig het om dit te doen, tot watter stroomplatforms in Suid-Afrika beskikbaar is en watter programme, reekse en flieks hulle aanbied – Stroom Saam! sal jou stroom-ervaring maklik en heerlik genotvol maak.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Celebrity

Huisgenoot Gids SA Helde

Huisgenoot Gids SA Helde

Category: Celebrity Price: 
Date: Suid-Magazine-Afrikaanse Helde Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: n Pragtige gids oor meer as 140 Suid-Magazine-Afrikaanse Helde!   –   Jy’t nie supermagte nodig om die wêreld te verander nie. Kyk hoe dié Suid-Magazine-Afrikaanse baanbrekers die weg berei het vir toekomstige presteerders soos jy! Dié uitgawe bevat meer as 140 Suid-Afrikaners wat grense verskuif en op die wêreldverhoog geskitter het. Of dit nou in Hollywood, op die musiektoneel, in die sportarena, wetenskap, sakewêreld of modeverhoog is waar hulle uitgeblink het, hierdie inspirerende Suid-Afrikaners sal jou aanspoor om jou drome te bewaarheid!

Categories
Education Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Huisgenoot-Loopbane

Huisgenoot-Loopbane

Category: Education Price: 
Date: Huisgenoot-Loopbane Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe: Hoe om… werk te soek, Jou CV te laat skitter, Uit te blink in jou onderhoud; 90+ Beroepe Of jy ‘n graad het of net graad 9; ‘n Pos wat pas wees gesog en gelukkig; Als oor beurse en lenings.   –   Kry jou droomwerk! Is jy pas klaar met matriek? Of het jy graad gevang en nou moet jy begin werk soek? Dalk moet jy die werkmark sonder matriek aandurf . . . Huisgenoot-Loopbane is ’n ontsettend praktiese en bruikbare boek. Ons help jou om ’n loopbaanrigting in te slaan wat by jou persoonlikheid en talente pas én wat jou kanse verbeter om ’n pos in die uitdagende Suid-Magazine-Afrikaanse werkmark los te slaan. Wenke binne sluit in: hoe om ’n loopbaan te kies, waar om te studeer, hoe om vir jou studies te betaal, hoe om jou CV op te stel, hoe om ’n onderhoud te slaag, opsies as jy nie matriek het nie, opsies as jy oorsee wil werk en die mees gesogte loopbane in SA. Wil jy elke dag aanpak met die wete dat jy iets doen wat jou gesog in die mark en as mens gelukkig maak? Dan is Huisgenoot-Loopbane die gids vir jou!

Categories
Magazine-Afrikaans Women's Interest Magazine-Older

Eenvoud

Eenvoud

Category: Women’s Interest Price: 
Date: 2022 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In Eenvoud: Maak jou spenskas vol Appelasyn, blatjang, slaaisous, mosterd, warmsjokolade…; Bóér op jou werf Plant ’n tuin vir die kostafel, Groentekalender (wanneer om te plant en te pluk)… en hou sommer hoenders aan!; Suurlemoene, asyn en koeksoda vir ’n skitterblink huis; Meng jou eie gesigolie, borduur ’n beertjie, hekel ’n kombers én lyfskroppers, kook seep … 40 + selfdoenprojekte; Koop minder, koop slimmer, maak meer… dis beter vir die aarde   –   Smag jy na ’n stiller, meer skeppende lewe? Waar jy vir vriende geskenke maak pleks van haastig iets wat in massa geproduseer word van ’n rak af gryp. Waar jy nader aan die aarde lewe; miskien ’n bietjie boer op jou werf; ’n groentetuin, dalk ’n hoender of twee vir vars eiers? Eenvoud wys wat jy in jou spensen skoonmaakkas maklik self kan maak pleks van om dit te koop in plastiek verpakking: Granola, jogurt, slaaisous, sitrusskoonmaakmiddel, katoenjammerlappies… Dieselfde geld vir jou badkamerkas – kook jou eie seep, meng gesigolie en reukweerder, hekel wattelappies… Jy hoef nie ’n meestersjef of handwerkghoeroe te wees nie. Geniet die proses van met jou hande werk en iets nuuts leer; weg van die rekenaar af. En eksperimenteer – Eenvoud het ook mooi skoon bladsye waar jy notas kan neerskryf. (Plus gratis uitknip-etikette, geskenkkaartjies en ’n herwinplakaat.) Laat Eenvoud jou bystaan op die pad na ’n groener en meer skeppende en betekenisvolle lewe.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Celebrity

Huisgenoot – Koningin Elizabeth Gedenkuitgawe

Huisgenoot – Koningin Elizabeth Gedenkuitgawe

Category: Celebrity Price: 
Date: Gedenkuitgawe Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Einde van ‘n era Koningin Elizabeth 1926 tot 2022 Rus in vrede, U Majesteit; Haar lewe Hoe die noodlot Lilibet ’n koningin gemaak het; Haar lojaliteite Onwrikbare toewyding aan land, gesin & diere en Haar liefde ’n Romanse wat die toets van die tyd deurstaan het.   –   Huisgenoot se spesiale gedenktydskrif oor koningin Elizabeth is ’n tydskrif wat jou van voorblad tot agterblad sal boei – en wat jy vir altyd sal koester en hou. In hierdie spesiale glanstydskrif van 132 bladsye herbesoek Huisgenoot al die besonderhede en pragfoto’s van die koningin se lang lewe en sewe dekades op die troon. Dit is ’n verhaal wat jou opnuut verwonderd sal laat – en unieke foto’s wat jy nog nooit gesien het nie. Huisgenoot herbesoek elke hoofstuk en dimensie van haar heerskappy en persoonlike pad – en vier die ikoon wat ons altyd sal onthou op ’n onvergeetlike wyse.

Categories
Parenting Magazine-Older Magazine-Afrikaans

Baba & Kleuter Gids vir noodgevalle & Veiligheid

Baba & Kleuter Gids vir noodgevalle & Veiligheid

Category: Parenting Price: 
Date: 2023 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Jou gids vir noodgevalle en veiligheid.   –   As jy probleme antisipeer is jy in ’n beter posisie om op te tree. Dis hoekom Baba & Kleuter hierdie gids publiseer. Ons wil hê dat jy beserings en siekte sover as menslik moontlik vermy, maar ook flink en met selfvertroue tot aksie oorgaan wanneer ’n ongeluk julle tref.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Education

Huisgenoot Reis na die Ruimte

Huisgenoot Reis na die Ruimte

Category: Education Price: 
Date: Uitgawe 2016 Spesiale Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Kom saam ruimte toe!; Die koelste vuurpyle; Die weird lewe op ‘n ruimtestasie en So gaan ons op Mars woon.   –   Hou vas, want Reis Na Die Ruimte gaan jou op ’n ongelooflike vlug neem van die begin van ruimtereise tot waar ons vandag is! Verkyk jou aan pragtige infografika van vuurpyle, ’n pendeltuig en die karretjies op die maan en Mars, lees oor die vreemde lewe op die Internasionale Ruimtestasie, kyk hoe ruimtepakke werk en verwonder jou aan die plan om binnekort op Mars te gaan bly. Ons vertel ook meer oor toekomstige vakansies in die ruimte en hoe jy self ’n ruimtevaarder kan word! Kry jou eksemplaar van Reis Na Die Ruimte vandag nog teen R45.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Huisgenoot se Salige Soetgoed

Huisgenoot se Salige Soetgoed

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2016 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Of jy nou iets dekadents vir ‘n spesiale geleentheid of ‘n bederfie vir jou huismense wil maak, jy sal die resep hier kry! Hierdie versameling resepte bevat gunstelinge soos malvalekkers en bruintjie en verleidings soos smelt-in-die-mond Turkselekker-roomys en spoggerige Cremora-tert met meringue bo-op.   –   Hierdie klein boekie propvol verleidelike resepte kan jy nader trek wanneer jy ook al ’n indrukwekkende soet skepping wil maak of jou gesin met iets soets wil bederf. Beproef die brosbroodhartjies gevul met roomkaas en konfyt, rosige makrolletjies, mini-kaaskoekies en deftige maar maklike rooiwynpeer-tertjies. Daar is ook resepte vir ongebakte bederfies soos Turkselekker-roomys en Cremora-tert met ’n kinkel. En dan is daar ’n afdeling met die heerlikste koeke en warm nageregte. Jou gaste sal jou smeek om die resepte met hulle te deel!

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Celebrity

Huisgenoot – Koninklikes

Huisgenoot – Koninklikes

Category: Celebrity Price: 
Date: Spesiale Uitgawe Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie spesiale uitgawe van Huisgenoot Koninklikes: Koninginne & prinsesse Hul lewens, liefdes, skandale en triomfe; Europa, Brittanje, Die Ooste… Die vroue wat als vir hul mense opoffer; 26 Glansvroue op die wêreld se spogtrone Kate, Charlene, Meghan, Caroline, Stéphanie, Máxima, Sofia, Masako en nog baie meer; My vrou of my troon! Ongelooflike liefdesverhale.   –   Skink ’n koppie tee en skuif reg om meegevoer te word! Hierdie koninginne, keiserinne, prinsesse, hertoginne en gravinne is lewende hedendaagse sprokies, kompleet met liefdesverhale om jou te laat swymel, hope glans en genoeg drama om jou vasgenael te hou. Vind meer uit oor Kate Middleton se reis na haar nuwe rol as Catherine, prinses van Wallis, hoe koningin Rania die liefling van die Midde-Ooste geword het, herbesoek prinses Caroline se tragiese liefdeslewe en verdiep jou in nog vele meer verhale van vroue wat inspireer en regeer. Dis die ideale leesstof vir koninklike aanhangers wat lus vir ’n lekker dosis ontvlugting met ’n goeie skeut fabelagtigheid.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Landbou Boerekos: Vleis

Landbou Boerekos: Vleis

Category: Food & Beverage Price: 
Date: Vleis 2022 2023 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie spesiale uitgawe van Landbou Boerekos Vle: Alles wat jy wil weet, Alles wat jy wil eet; Steekaan die vuur! Ons maak braaivleis & potjiekos; Die beste resepte met Lam & skaap, varkvleis, beesvleis, wildsvleis, hoender, wors, maalvleis en die vyfde kwart; 120+ Resepte.   –   Landbou Boerekos VLEIS is the ultimate practical guide to cooking meat, choosing the best cuts, perfect your prep and rustle up delicious dishes with beef, pork, lamb and mutton, venison and chicken with confidence. Part cookbook, part handbook, Landbou Boerekos VLEIS provides essential information, tips and tricks as well as more than 150 tried-and-tested recipes. From learning to make your own biltong and boerewors, to simple, quick, easy and affordable family dinners to mouth-watering recipes for the braai, potjie or casserole dish.

Categories
Magazine-Older Food & Beverage Magazine-Afrikaans

100 Beste Koekies

100 Beste Koekies

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2022 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van 100 Beste Koekies: Nostalgies met ou gunstelinge; Koekies in elke kleur en geur Hertzoggies, Soetkoekies, Brosbrood, Skuimpies, Egte macarons, Bobaasbeskuit… en 10 Lekkertes sonder Eskom se hulp!   –   100 Koekies is die nuutste kookboektydskrif uit die kombuis van die toonaangewende kosskrywer Herman Lensing. Dis propvol lekkerte met 100 maklike resepte vir ieder en elk se geur en smaak. Bekende tradisionele koekie-treffers regdeur tot moderne resepte. Hierdie boek beloof om jou koekieblik dié vakansieseisoen vol te hou.

Categories
Magazine-Afrikaans Health Magazine-Older

Die ABC van ADHD

Die ABC van ADHD

Category: Health Price: 
Date: Uitgawe 1 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van ADHD: Positiewe kommunikasie Praat sagter met jou kind, Neem beheer & sien groei, Opbouende woorde is jou pad tot sukses; Medikasie & behandeling Wat is jou opsies?, Stimulante & die newe-effekte, Riglyne vir die beste resultate; Dis my superkrag! Só lewe ek met ADHD 7 merkwaardige mense vertel hul stories en Kies ‘n skool Die waarde van die regte onderwyser, Die wet sê só, Wenke om kinders te help leer.   –   Een uit 20 kinders word deur aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (ADHD) geaffekteer, en in Suid-Afrika ’n geraamde 1 miljoen volwassenes. Tog bly dit ’n toestand wat gereeld verkeerd gediagnoseer word. Daar bestaan soveel mites en misverstande oor ADHD, veral wat die behandeling daarvan betref. Hierdie spesiale uitgawe is enig in sy soort gelaai met inligting wat iemand wat deur ADHD geaffekteer is, moet weet om die wêreld aan te pak. Dit kombineer goed-nagevorste inhoud met ware ervarings. Die blaaie bied advies van kundiges, kennis en inspirerende stories wat die leser in staat stel om ADHD beter te verstaan. As ons almal beter daaroor ingelig is, kan ADHD in ’n superkrag omskep word.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Huisgenoot Ware Lewensdramas

Huisgenoot Ware Lewensdramas

Category: News Price: ZAR113.10
Date: Spesiale uitgawe 2023 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Skoksake Die 10 volledige verhale van die rillers wat die land ruk Die stories soos jy dit nog nooit gelees het nie.   –   Huisgenoot se joernalistiek is enig in sy soort – ons vertel nog altyd die stories agter die gebeure wat lesers nooit sal vergeet nie. Baie van dié stories is ook verpak in die gelyknamige VIA-televisiereeks en podcast op huisgenoot.com. Nou kan jy in dié spesiale uitgawe 10 van dié verhale lees soos dit nog nooit tevore vertel is nie. Ons herleef die stories van Anika Smit, Jason Rohde, Ina Bonette, Suretha Brits, Hannah Cornelius, Advokaat Barbie,Taliep Petersen, Dina Rodrigues en Lauren Dickason. Hoekom? Want die mense wat geraak is – die slagoffers en hul naastes – mag nie vergeet word net omdat hul geweldenaars lank ná die grugebeure uit die nuus verdwyn nie. Huisgenoot Ware Lewensdramas is ’n aangrypende leeservaring – hartverskeurend, en ook onvergeetlik.

Categories
Magazine-Older Magazine-Afrikaans Sports

Huisgenoot Ontspan Rugby

Huisgenoot Ontspan Rugby

Category: Sports Price: 
Date: Rugby Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Huisgenoot Ontspan: Rugby Doen dit weer!; Vang gees vir die wêreldbeker; Ons onthoureis na die gesogte goue trofee; Onvergeetlike oomblikke & spesiale staaltjies; Raaisels vir ‘n blaaskans vir jou senuwees!; Resepte vir die groot speeldae.   –   Dis weer daai lekker tyd – dis Wêreldbekertyd wanneer Suid-Afrika soos een man agter die manne­ in groen-en-goud staan. Vang saam met ons gees met ’n kykie op rugby se pad tot hier, ons vorige Wêreldbekeroorwinnings, ons helde en al die aksie wat wag. Lees oor ons helde se Wêreldbeker-herinneringe, die rekords, spesiale rugbystaaltjies en kry ook heerlike raaisels en resepte.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Education

Huisgenoot Junior Ons wonderlike wêreld

Huisgenoot Junior Ons wonderlike wêreld

Category: Education Price: 
Date: Issue 1, 2023 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Huisgenoot Junior: Vreemde en fantastiese plekke en diere; Verken die 7 vastelande; Ontdek ongelooflike feite oor ons pragtige planeet; Vreemde dierasies, vuurwarm spuitfonteine, ruimteklippe op ysvelde, uitgestrekte spieëlvlaktes, grillerige grotte, bont berge, hemelligte, ondergrondse wonders en nog baie meer.   –   Ons planeet, Aarde, is dalk een van baie in ons sonnestelsel, maar dit is vol wonders wat dit uniek maak. Sluit by ons aan op ’n reis om van die vreemdste en wonderlikste plekke op ons sewe vastelande te verken. Leer oor die reusagtige komododraak, grotte vol gloeiende wurms, ruimterotste in Antarktika en vele meer.

Categories
Magazine-Afrikaans Travel Magazine-Older

Weg! Ry & Sleep Selfdoengids

Weg! Ry & Sleep Selfdoengids

Category: Travel Price: 
Date: 2023 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe: 19 Projekte vir kampeerders Met stap vir stap aanwysings; 7 Wenke as jy tweedehands koop; Diens self jou woonwa Wiellaers, Remskoene en Gasstutte; Woonwa-onderhoud & seilsorg; Plan B op die internet + 15 slim kampplanne.   –   Die A-tot-Z-gids vir elke kampeerder met handige wenke en stap-vir-stap verduideliking van verskeie selfdoenprojekte. Van hoe om jou woonwa te berg regdeur tot die dilemma van houtvrot. Batteryen bande-sorg is net so belangrik tot vir die wat ’n woonwa self wil diens. Dit sluit in die neuswiel en koppelstuk tot die remme en wiellaers. Daar is ook raad hoe om jou swartpot nuwe lewe te gee en om jou handbyl weer te vernuwe. Laastens deel medekampeerders hulle eie kampwenke en ’n klomp idees van die internet af word op die proef gestel.

Categories
Magazine-Afrikaans Newspaper

Die Son

Die Son

Category: Newspaper Price: ZAR6
Date: 7-Nov-24 Frequency: Weekly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: 7-Nov-24   –   Son Weskaap is an Magazine-Afrikaans tabloid that’s distributed in the Western Cape and focuses on news, gossip, entertainment, sport and exposés.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-2024

SARIE Kos

SARIE Kos

Category: Food & Beverage Price: ZAR48
Date: Lente 2024 Frequency: Quarterly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Sarie Kos: 80ste uitgawe 80 resepte; Lekkerste feesbuffet Moderne spyskaart vir ’n lang, moeitelose kuier; SA se brandewyn Gammon met brannas & Coke, Steakpastei, Appeltert met ’n knertsie; Marmite-kool Jy gaan nie glo wat jy proe!; Eeu oue Caesarslaai Klassiek tot nuut en Heuning Die soetste wonder + resepte.   –   SARIE Kos gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Latest Travel Magazine-2024

Weg!

Weg!

Category: Travel Price: ZAR68
Date: Oktober/November 2024 Frequency: Bi-Monthly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Weg!: Sederberg Stap met jou tent die wildernis in; Gauteng Die lewe maak weer sin op Cullinan; Zambië Verken die wilde Suid-Luangwa, Onder-Zambesi en Kafue; Nuwe reisjoernaal Toer op motorfietse deur Wes-Afrika (pasop vir die Keweseki’s!); Leer speel-speel voëls uitken; Wandel in ’n koel bergwoud op Hogsback; Op soek na kaptein Kaabi se verlore Karoo-kraal en Hengel saam met ’n galjoen-fluisteraar by Valsbaai.   –   Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier…

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Latest Home Magazine-2024

Tuis

Tuis

Category: Home Price: ZAR48
Date: 24-Nov Frequency: 45 Days
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Tuis: Skep ‘n super stoep 25 verbeeldingryke & slim idees; Kos Vier fees met laatontbyt van patatwafels tot ontbyt-‘trifle’… en roosmimosas; Goudstad-oases ‘My tuin van herinneringe’ + Onthalers se droom op ’n dubbel-erf; Klein paradys 4 weke, 6 spanne, R1miljoen op die spel! Mikrohuise mooigemaak in nuwe TV-werklikheidsreeks.   –   Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Latest Lifestyle Magazine-2024

Kuier

Kuier

Category: Lifestyle Price: ZAR13.60
Date: 7-Nov-24 Frequency: Fortnightly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Kuier: Gadija ‘My swaar jaar en eerste solo tv-reis sonder my Fatima’; Eksklusief ‘Ek het nog die klere waarin my pa vermoor is…’ Deel 3 van Jawaahier Petersen se lewensverhaal; Joernalis se seer ‘Nóg ‘n vrou vermoor – dié keer my eie bloed’; Smul! 6 resepte uit Tietie & Nanna se kookboek en Helde Bontas se bib-brigade hou gangs en diewe in lyn.   –   Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Latest Women's Interest Magazine-2024

Sarie

Sarie

Category: Women’s Interest Price: ZAR52
Date: November/Desember 2024 Frequency: Bi-Monthly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Sarie: ‘n Propperse Okkasie! Sarie vier saam kykNET se 25 jaar Sestien bekendes skitter op ons voorblad; Kersfees Delft-blou & blink, Trifle met sjerrie, Afshow-ham en strik vir jou boom; 2024 Wat ‘n jaar vir SA!; Coenie skryf laaste sê + Luister sy Kerslied, dis nét vir jou; Kinders oorsee Dis nie maklik, maar ons gun hul dit en Geskei Nóú’s jou tyd vir nuwe vreugdes.   –   SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Magazine-Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Magazine-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Latest Entertainment Magazine-2024

Huisgenoot

Huisgenoot

Category: Entertainment Price: ZAR32
Date: 14-Nov-24 Frequency: Weekly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Huisgenoot: Sandra op 77 The gods must be crazy, kyk hoe goed lyk sy steeds!; Brendan en Danelle ná dáái soen Stop, wag, bly nog ‘n bietjie dit was g’n affair!; Naka se broer My ouboet is g’n skoorsoeker, hy’t die buurman nie eerste geslaan nie; Zak Hendrikz Ek was hartgebroke, siek en werkloos, nou skep ek moed en Oh, Baby! Hier’s die ystervark wat jou hart gaan vermurwe.   –   Huisgenoot, Suid-Afrika se topverkopertydskrif, is nou beskikbaar as an e-tydskrif. Dia gewilde gesinstydskrif met sy unieke redaksionele samestelling dek onderwerpe so wyd soos onder andere menslike dramas, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, modeen glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuisen skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Categories
Magazine-Afrikaans Travel Magazine-Older

Weg! Ry & Sleep – Oordgids – Spesiale troeteldieruitgawe

Weg! Ry & Sleep – Oordgids – Spesiale troeteldieruitgawe

Category: Travel Price: 
Date: 2023 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie spesiale uitgawe: Uitspanplekke vir jou en jou dierekinders; Van slange tot katte… wie kom saam?; Meer as 150 kampplekke reg oor SA vir ’n wegbreek saam met Woef & Kie.   –   ’n Goeie derde van die kampplekke in die land laat troeteldiere toe. In hierdie gids lys ons meer as 150 oorde landwyd waar Woef welkom is. Dit sluit in ’n landkaart wat al die plekke uitwys plus inligting oor die geriewe, die kontakbesonderhede tot die GPS-koördinate. Ons gee ook ’n opsomming van die oorde se voorwaardes vir jou troeteldiere asook foto’s om te sien wat jy by die bestemming kan verwag.

Categories
Magazine-Older Food & Beverage Magazine-Afrikaans

Braai en Rugby 2023

Braai en Rugby 2023

Category: Food & Beverage Price: 
Date: Issue 1, 2023 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Braai en Rugby: Braairevolusie! 65+ resepte, alles oor die kole; Dek 6 kuiertafels stylevol, speels & nostalgies; Bokke praat rugby & vuur Bakkies Botha, Frans Malherbe, Odwa Ndungane, Hennie le Roux, Danie Gerber, John Smit en Grapjas Leon Schuster “‘Hie’ Kommie Bokke’ was die hoogtepunt van my loopbaan”   –   Hierdie is jou moet-hê braaigids vir die 2023 Rugbywêreldbeker, want rugby en braai is immers soos vinkel en koljander! Dit is ’n gewewe dat die braavleisvure naweek na naweek vir die sportgebeurtenis van die jaar aangesteek gaan word en met dié kookboektydskrif inspireer Herman Lensing jou met meer as 65 resepte vir disse wat jy oor die kole en in die vuur kan maak. Rugbylegendes deel ook staaltjies oor hul loopbaan.

Categories
Magazine-Afrikaans Home Magazine-Older

Huisgenoot Raad: Beurtkrag-planne

Huisgenoot Raad: Beurtkrag-planne

Category: Home Price: 
Date: 23-Apr Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe: Jou krag is in jou hande!; Alles wat jy wil weet oor Sonkrag, gas, kragopwekkers en omkeerders; Só kry jy sonpanele – en dis wat dit kos; Kies die regte omkeerder-en-battery stelsel; Gebruik gas en bespaar op jou kragrekening; Produkgids UPS-toestelle, ligte, verwarmers, kragbanke – als wat jy benodig en Hou die pot aan die kook Maak vinnig en vooruit kos!   –   Huisgenoot Beurtkrag-planne het die raad waarop jy al so lank wag: Dis ’n nuttige gids met ál die inligting wat jy benodig om vir jou huishouding ’n plan teen beurtkrag te beraam. Ons ondersoek die verskillende opsies waarmee jy jou ligte en toestelle aan die gang kan hou, en verduidelik als wat jy moet weet op ’n toeganklike manier. Van sonkrag en gas tot omkeerderbatterystelsels – hierdie tydskrif sal jou help bepaal wat die beste plan vir jou huis is én wat dit sal kos.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Celebrity

Huisgenoot Koning Charles III Gedenkuitgawe

Huisgenoot Koning Charles III Gedenkuitgawe

Category: Celebrity Price: 
Date: Gedenkuitgawe Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie gedenkuitgawe: Koning Charles III Hoe gaan Charles die monargie verander?; Alles oor die nuwe monarg Hartseer kinderjare, vroeë liefdes, die toegewyde pa, die dierbare oupa; Die Diana-jare Glans, leuens, jaloesie en tragedie: wat regtig verkeerd geloop het en Camilla Van gehate minnares tot koningingemalin en Charles se rots.   –   Wees gegroet, koning Charles III! Huisgenoot se spesiale gedenkuitgawe ter viering van die nuwe koning se kroning is gepak met fassinerende stories en asemrowende foto’s vir koninklike aanhangers. Lees alles oor sy gekwelde kindertyd, die fiasko van sy huwelik met Diana en sy stryd om aanvaarding voor hy uiteindelik saam met Camilla geluk gevind het en die rol kon inneem waarop hy hom 70 jaar lank voorberei het.

Enable Notifications OK No thanks