Categories
Magazine-Afrikaans Travel Magazine-Older

Wegry Vat die Pad

Wegry Vat die Pad

Category: Travel Price: 
Date: Spesiale Uitgawe Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: 38 4×4-Reise van Hondeklipbaai tot Dar es Salaam, Raad vir groentjies en hardebaarde.   –   WegRy Vat die Pad is ’n kleurvolle gids met 100 bladsye vol voorstelle vir jou volgende 4×4-reis. Soek jy ’n luilekkerbestemming vir ’n gesinsvakansie, of ’n stewiger uitdaging waarvoor jy die moue moet oprol? WegRy Vat die Pad gee jou die nodigste inligting oor 38 bestemmings in Suid-Afrika en ons buurlande, plus 10 grondpadpasse en 16 heerlike kampplekke wat jy in jou 4×4 kan verken. Daar is ook nuttige inpaklyste vir jou gereedskapkis en die koskas, en al die inligting wat jy oor SA se grensposte nodig het.

Categories
Magazine-Afrikaans Lifestyle Magazine-Older

CBD-Produkte

CBD-Produkte

Category: Lifestyle Price: 
Date: Spesiale Uitgawe Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie Spesiale CBD uitgawe: Als oor die gesondheidsgier wat die wêreld laat gons; Ons toets produkte vir jou!; Maak dit self Resepte vir middels uit jou eie kombuis; Hulp vir jou troeteldiere se skete en streke; Kennersraad & Mensestories Só kan dit help met pyn, artritis, ekseem, slaap, die menopouse, skoonheid en fiksheid; Kies die beste produk en regte dosis vir jou.   –   Was jy nog altyd nuuskierig oor KBD (kannabidiol)? Die nuwe tydskrif CBD-Produkte is die ideale inleiding tot dié nuwe welstandgier – wat dit is, hoe dit werk en hoe om die regte dosis en produk vir jou te vind. Ons deel die ervarings van gewone Suid Afrikaners en praat ook met kenners oor hoe voordele wat dié aanvulling vir liggaam en gees kan inhou. Daar is selfs inligting oor KBD vir troeteldiere, asook ’n nuttige inkopiegids om die bal aan die rol te sit.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Animals and Pets

Dieremaniere

Dieremaniere

Category: Animals and Pets Price: 
Date: Spesiale Uitgawe Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Hoe slim is Basjan? Doen die hond-IK-toets!; Maak dit tuis Gourmet-resepte, Ontwerperhok, Hoenderhotel; 6 Goeie drafmaats (& oefenprogram vir julle albei); 15 Dinge wat jou hond vir jou wil sê; ‘Só het ek ‘n wilde kat getem’; Die moets en moenies van jou nuwe koi, papegaai, slang, hasie, vark, hoender en Praat diere ‘menstaal’? Ja, luister net!   –   Dieremaniere is die eerste jaarlikse tydskrif vir troeteldierliefhebbers, en ’n gesamentlike projek tussen 11 redaksies binne Media24. Die tydskrif bied hope raad oor babahondjies, katte, konyne, koi-visse, slange, varkies en selfs hoenders. Die tydskrif het ook diepte-artikels wat vrae beantwoord soos “Kan diere met mense kommunikeer?”; en “Hoe intelligent is honde?”

Categories
Magazine-Older Magazine-English Lifestyle

Landbou 100 Jaar

Landbou 100 Jaar

Category: Lifestyle Price: 
Date: Spesiale uitgawe Frequency: One Time
Type & Language: English Publisher: Media24

Description: ’n Eeu van saamboerÁl die stories en foto’s in die gedenkuitgawe vertel eintlik net ’n enkele verhaal, naamlik die merkwaardige vindingrykheid, aanpasbaarheid en vasbyt van ons land se boere.   –   Die room van 100 jaar se stories Landbouweekblad het saam met die land se boere diep landbouspore getrap. Ons eeufees-uitgawe – ’n versamelaarskoffietafeltydskrif – het merkwaardige stories, aangrypende foto’s, ikoniese voorblaaie en geelblad-advertensies van die afgelope honderd jaar.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Celebrity

Huisgenoot – Koninklikes

Huisgenoot – Koninklikes

Category: Celebrity Price: 
Date: Spesiale Uitgawe Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie spesiale uitgawe van Huisgenoot Koninklikes: Koninginne & prinsesse Hul lewens, liefdes, skandale en triomfe; Europa, Brittanje, Die Ooste… Die vroue wat als vir hul mense opoffer; 26 Glansvroue op die wêreld se spogtrone Kate, Charlene, Meghan, Caroline, Stéphanie, Máxima, Sofia, Masako en nog baie meer; My vrou of my troon! Ongelooflike liefdesverhale.   –   Skink ’n koppie tee en skuif reg om meegevoer te word! Hierdie koninginne, keiserinne, prinsesse, hertoginne en gravinne is lewende hedendaagse sprokies, kompleet met liefdesverhale om jou te laat swymel, hope glans en genoeg drama om jou vasgenael te hou. Vind meer uit oor Kate Middleton se reis na haar nuwe rol as Catherine, prinses van Wallis, hoe koningin Rania die liefling van die Midde-Ooste geword het, herbesoek prinses Caroline se tragiese liefdeslewe en verdiep jou in nog vele meer verhale van vroue wat inspireer en regeer. Dis die ideale leesstof vir koninklike aanhangers wat lus vir ’n lekker dosis ontvlugting met ’n goeie skeut fabelagtigheid.

Enable Notifications OK No thanks