Categories
Magazine-Afrikaans Hobbies & Craft Magazine-Older

Brei Idees

Brei Idees

Category: Hobbies & Craft Price: 
Date: Mei 2014 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Brei-uitgawe met 25 fantastiese patrone vir babas, kleuters, volwassenes, bykomstighede & dekor.   –   Ons speciale brei-uitgawe met 25 fantastiese patrone vir babas, kleuters, volwassenes, bykomstighede & dekor

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Huisgenoot Stap vir Stap

Huisgenoot Stap vir Stap

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2014/2015 Edition Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Huisgenoot Stap vir Stap: Spoggerige gevulde varknek, Smeltsagte gestopte calamari en Sjokolade-vrugtetertjies.   –   Danksy stap-vir-stap-foto’s en verduidelikings van basiese kooktegnieke kan jy nou van die volmaakte filet en vars brood to klassieke geregte soos coq au vin en Italiaanse pizza optower.

Categories
Magazine-Afrikaans Travel Magazine-Older

Wegry Vat die Pad

Wegry Vat die Pad

Category: Travel Price: 
Date: Spesiale Uitgawe Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: 38 4×4-Reise van Hondeklipbaai tot Dar es Salaam, Raad vir groentjies en hardebaarde.   –   WegRy Vat die Pad is ’n kleurvolle gids met 100 bladsye vol voorstelle vir jou volgende 4×4-reis. Soek jy ’n luilekkerbestemming vir ’n gesinsvakansie, of ’n stewiger uitdaging waarvoor jy die moue moet oprol? WegRy Vat die Pad gee jou die nodigste inligting oor 38 bestemmings in Suid-Afrika en ons buurlande, plus 10 grondpadpasse en 16 heerlike kampplekke wat jy in jou 4×4 kan verken. Daar is ook nuttige inpaklyste vir jou gereedskapkis en die koskas, en al die inligting wat jy oor SA se grensposte nodig het.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Huisgenoot Diabete

Huisgenoot Diabete

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2018 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In Huisgenoot Diabetes: 80 Heerlike resepte Goedgekeur deur dieetkundiges Slaai, Sop & groente, hoender, vleis, vis, volgraan en meer; Dapper stapper Loop jouself binne 6 weke fiks; Die nuutste navorsing Dís wat jy nou moet weet; Ons Stories Tipe 1-diabetes ‘Ek wou maer word, toe los ek insulien’, ‘Ek is dokter én pasiënt’ Ma vertel: ‘So kry my dogtertjie vlerke’; Tipe 2-diabetes Dít werk vir ons: Lyers deel hul lesse en raad, Prediabetes: Ek kon ingryp en my lewe omkeer.   –   ’n Diagnose van diabetes beteken nie jy of jou gesin moet ophou lekker eet nie. Die kos in dié boekie is perfek vir mense met suikersiekte, maar lekker vir almal – dis glad nie nodig om aparte maaltye te kook nie. Daar’s resepte vir ontbyt, slaai, vis, pluimvee, rooivleis, groente en diabeet-virendelike soetgoed – selfs sjokoladekoek!

Categories
Children Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Huisgenoot Dinosaurusse

Huisgenoot Dinosaurusse

Category: Children Price: 
Date: 2023 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Staan nader, almal wat van dinosourusse hou! Huisgenoot se derde dino-uitgawe is propvol ongelooflike feite en kleurryke illustrasies van meer as 90 dino’s en dis spesiaal ontwerp sodat die hele gesin, tot die heel kleinstes, dit kan geniet.   –   Verken meer as 100 dinosourusse – van die domste, tot die langste en die gevaarlikste in Huisgenoot-Dinosourusse. Met hope kleurryke foto’s en illustrasies. Sien boonop 15 van die dinosourusse in 3D. Let asb. daarop dat die 3D-animasie die beste in die gedrukte tydskrif werk. Jy sal ’n slimfoon of -tablet, waarop die app afgelaai is, oor jou digitale uitgawe moet kan hou (ongeag die toestel waarop jy dit lees) om die 3D-sketse te sien.

Categories
Magazine-Afrikaans Hobbies & Craft Magazine-Older

WegSleep Selfdoengids

WegSleep Selfdoengids

Category: Hobbies & Craft Price: 
Date: 2014 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Bou ’n biltongboks Dis makliker as wat jy dink om jou eie biltong te maak – en nog makliker om die boks te bou, Timmer jou eie kampkassies Bou só ’n kampkassie vir rondlêgoed by jou staanplek en Diens die remskoene ’n Waentjie sonder brieke is ’n ongeluk wat wag.   –   In die WegSleep Selfdoengids wys ons jou 34 projekte wat jy maklik self by die huis kan aanpak – van jou eie biltongboks bou tot hoe om jou wiellaers self te diens. Die Selfdoengids wys vir jou stap vir stap met tegniese tekeninge hoe jy met elke projek te werk moet gaan.

Categories
Magazine-Afrikaans Home Magazine-Older

Kreatiewe Idees

Kreatiewe Idees

Category: Home Price: 
Date: 2016 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Jou grootmens-speelboek propvol plakboekprente. Kalender met 12 inkleurblaaie, boksies om te vou, skryfpapier en nuttige lysies.   –   Kreatiewe Idees is bladsy vir bladsy die kreatiewe speelboek-weergawe van jou maandelikse Idees met mooi papier, patrone om te vou en aanwysings om die projekte self by die huis aan te pak. Dis niks minder nie as 100 persent kreatiewe inspirasie!

Categories
Magazine-Afrikaans Business Magazine-Older

Landbou Boereplanne

Landbou Boereplanne

Category: Business Price: 
Date: 2023 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Landbou Boereplanne: Só maak mens 60+ Plaasplanne wat werk!; Maak oes só enige plek skoon; Vrugteboer se goedkoop nette; Eie skaapras tem woestynplaas; Energie Só fnuik sojaboer beurtkrag + ‘Wipplank’ gee panele 4 uur meer son en Bosroller verdubbel drakrag.   –   ’n Goeie boer kán ‘n plan maak. In Landbou Boereplanne verskyn meer as 50 van die vindingrykste oplossings vir onder meer arbeidsen energieprobleme, besproeiing en veeboerdery wat deur die jare in Landbouweekblad verskyn het – van hoe om self diesel te maak en hidrokrag op te wek tot om onkruid in nat lande te bespuit, manalleen ‘n 500 kg-vuurvegter op ’n bakkie te laai en wilde beeste te beheer.

Categories
Magazine-Afrikaans Home Magazine-Older

Sarie Partytjie

Sarie Partytjie

Category: Home Price: 
Date: 2020 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Aan die punt van die reënboog is dit hééltyd partytjietyd. Daar is jy verseker van lekkergoed en hope pret soos inkleur, verf en ballonkaperjolle. Hulle sal dit geniet!   –   Die heel eerste SARIE partytjie – alles wat jy nodig het om die beste kinderpartytjie nog te reel. 5 temas, 5 maklike koeke , bekostigbare eetgoed & speletjies

Categories
Magazine-Afrikaans Home Magazine-Older

Tuis Verf Dit

Tuis Verf Dit

Category: Home Price: 
Date: 2023 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Tuis Verf Dit: Als nuut, met ‘n kwas!; Opgekikker met kleur Huise, kombuise, leef& slaapkamers; Projekte, stap vir stap Stensils, Oordragprente, Tekstuur, Ombree, Patrone… en ’n bietjie blieng!   –   Al die inspirasie en verf-idees wat jy kan vra – van slim tegnieke en kleurskemas tot vernuftige selfdoenwenke. Voeg net kleur by!

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Puzzle & Gaming

Huisgenoot Speel – 10 Minuut Raaisels

Huisgenoot Speel – 10 Minuut Raaisels

Category: Puzzle & Gaming Price: 
Date: Annual 2016 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: 10 minuut raaisels blokraai, fotoraai, kruis en dwaars plus ? spesiale afdeling vir kinders.   –   Jy speel 10 Minute Puzzles 135 brein speletjies vir die hele family.Experts sê bordspeletjies kan ‘n keur van vaardighede wat help kinders beter vaar op skool te verbeter. En speel hulle as ‘n gesin net ups die voordele en die pret faktor .

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Puzzle & Gaming

Huisgenoot-Woordsoek

Huisgenoot-Woordsoek

Category: Puzzle & Gaming Price: 
Date: 2019 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Met 111 soekblokke, ’n heerlike verskeidenheid temas en opwindende nuwe formate is Huisgenoot se sesde Woordsoek-tydskrif net wat jy nodig het om te ontspan. Die nuutste uitgawe bevat temas soos bekendes, musiek, lande, flieks, reis, die natuur, kos, speletjies, sport en nog baie meer – daar is iets vir elkeen in die gesin. Jul woordplesier begin hier!   –   Die derde uitgawe van Huisgenoot se gewilde Woordsoek-tydskrif bevat 115 woordsoeke met opwindende temas vir die hele gesin. Die temas vir volwassenes sluit in: koninklikes, somerkos, reis, aromas, die natuur, sport en nuusmakers terwyl die kinders ure lank sal besig bly met die woordsoeke oor die sirkus, tandesorg, fantasiekarakters, seisoene, woordbou en nog baie meer. Dis gewaarborgde pret vir net R42.

Categories
Magazine-Older Food & Beverage Magazine-Afrikaans

Huisgenoot Potjies

Huisgenoot Potjies

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 14-May Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Warm, Gesellig en ongelooflik geurig met Njam, Dis Lam! Potbrood op die vuur en vegetariese fees   –   Huistenoot 100 Beste Resepte: Potjies is net wat jy nodig het om jou gesin dié winter warm te hou. Daar is die heerlikste bredies en potgeregte om jou in die koue maande deur te sien. Kies van hoender, lamsvleis, varkvleis, beesvleis, seekos, wildsvleis en afval tot poedings en potbrode. Die resepte is maklik en word almal in ’n pot op die vuur of die stoof gaargemaak – wat kan eenvoudiger wees? Kry die resepte vandag en sit sommer vanaand ’n heerlike beesstertof lamskenkelpotjie of ’n romerige hoenderkerrie voor!

Categories
Magazine-Afrikaans Travel Magazine-Older

Weg Drakensberg

Weg Drakensberg

Category: Travel Price: 
Date: Julie 2014 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: FOTOPORTefeulje Top-fotograwe se beste foto’s van die Drakensberg,BESTE STAPROETES Meander Hut, Roman Baths, Giant’s Castle-piek… en PAKLYS Pak só vir ’n dagstap, oornagstap en ’n érnstige veeldagroete.   –   Weg Drakensberg is jou alles-in-een-reisgids om een van die mooiste dele van Suid-Afrika van kop tot stert te verken. Dit sluit doendinge in soos om die Sanipas te ry, voëls by Giant Castle af te neem en hoe om die Amfiteater te stap. Ons vertel jou van die lekkerste staproetes en die beste plekke om te bly, en ons sluit volledige kaarte en GPS-punte in om seker te maak jy verdwaal nie.

Categories
Magazine-Afrikaans Travel Magazine-Older

Wegsleep Oordgids

Wegsleep Oordgids

Category: Travel Price: 
Date: Wegsleep Oordgids 2019 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: 100 uitgesoekte kampplekke in Suid-Afrika & Namibië.   –   Met WegSleep kan jy 2016 op ’n hoë noot afskop. Op 9 Januarie is ons nuwe oordgids op die rak. Ons het die WegSleep-oordgids 2016 saamgestel om jou te help om jou volgende kampe te beplan. Dit is ’n gids met inligting oor 197 kampplekke en oorde in al die provinsies en in die Wildtuin. Die gids gee vir jou inligting oor die kampplek se staanplekke en geriewe, hoe om daar te kom en die prys en kontakbesonderhede. Met dié gids kan jy jou kampnaweke en vakansie(s) vir die nuwe jaar en sommer vir 2017 begin beplan. Geniet dit en lekker kamp.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

SARIE Karamel

SARIE Karamel

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 14-Aug Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Herman se soet verleiding, Karamel-en-roomysrolkoek en 27 smelt-in-die-mond-resepte.   –   Vir suikersoet karamel-nageregte wat jou hart laat smelt, kry SARIE karamel met 27 moetmaak karamel-resepte.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Huisgenoot Glutenvry

Huisgenoot Glutenvry

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2015/2016 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Huisgenoot heerlik sonder Gluten Hoender-en-sampioenroerbraai met rys, Geurige knoffelhoender met spinasie en olywe en Hawermout-vrugtevierkante.   –   Sê tot siens vir maagpyn, opgeblasenheid en al die ander kwale wat soms gepaard gaan met ’n dieet ryk aan gluten. Of jy nou aan seliaksiekte ly, allergies is vir koring of net sensitief is vir gluten – in dié boekie sal jy talle ligte geregte en lekkernye vind wat jy sonder sorg kan eet. Daar’s selfs resepte vir glutenvrye brood, skons, muffins, pizza, tortillas, koeke en terte!

Categories
Magazine-Afrikaans Wedding Magazine-Older

Huisgenoot Trou

Huisgenoot Trou

Category: Wedding Price: 
Date: 2016 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Emo Adams en Michelle Gildenhuys trou o so elegant. Andriëtte Norman en Glynn Moolman haak af aan die Weskus. Bloospienk en kristal vir Danielle en Brad se mooiste dag. Van tradisioneel tot speels –kies die perfekte paar vir jou.   –   HG-Trou maak dit sommer maklik om die perfekte troue te beplan. Nie net wys bekendes soos Faf du Plessis en Christina Storm hul inspirerende troualbums nie; talle stylvolle Huisgenoot-lesers deel ook die pragtigste modeen dekorfoto’s van hul eie groot dag. Die tydskrif bevat al die inligting wat jy nodig het om jou troudag volmaak te maak: bladsye vol trourokke asook wonderlike dekoridees, hare, skoene en ander bykomstighede. Daar’s ook selfdoen-inspirasie en ’n kykie na die nuutste troudagneigings en -giere. Jy kan eenvoudig nie voor die kansel gaan staan sonder om eers hierdie tydskrif te raadpleeg nie!

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

SARIE sjokolade

SARIE sjokolade

Category: Food & Beverage Price: 
Date: Annual Frequency: Books
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Terte, lekkergoed en poedings van heerlike sjokolade gemaak.   –   Wees deel van ons SARIE-wêreld tydens die feesnaweek van 4 – 6 Maart 2016 – en kom ervaar jou 3 gunsteling-tydskrifte in lewende lywe! SARIE, SARIE KOS en SARIE WOON! Spring gou! Koop vooraf kaartjies vir die oggendof die middagsessie teen R150 per persoon per sessie. Karlien deel die dekorverhoog saam met SARIE se dekor-redakteurs Lounette Fourie en Anita Rossouw. Bobby én Karlien kook saam met Barbara Joubert en Herman Lensing op die kosverhoog!

Categories
Magazine-Afrikaans Lifestyle Magazine-Older

Stories – die room van Weg, WegRy and WegSleep

Stories – die room van Weg, WegRy and WegSleep

Category: Lifestyle Price: 
Date: 2009-2014 Edition Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Herleef die soet en suur van reis: gesinsvakansies, woonwareise, padkos, agterpaaie, kampeerplekke, kontantwinkels, teëspoed, kerkbasaars, grensposte, spietkops, groepstoere, motorfietsry… Ons skrywers dek van ’n Colt Galant tot ’n urinaalkoekie. Zigi Ekron, WegSleep se redakteur, het 45 van die beste rubrieke deur Dana Snyman, Toast Coetzer, Jaco Kirsten en 8 ander skrywers saamgestel.   –   “Stories” – die room van Weg, WegRy and WegSleep is hier! Ná vyf jaar word die jongste rubriekekeur uit die Weg-stal aanmekaargesit. Herleef die soet en suur van reis: gesinsvakansies, woonwareise, padkos, agterpaaie, kampeerplekke, kontantwinkels, teëspoed, kerkbasaars, grensposte, spietkops, groepstoere, motorfietsry… Ons skrywers dek van ’n Colt Galant tot ’n urinaalkoekie. Zigi Ekron, WegSleep se redakteur, het 45 van die beste rubrieke deur Dana Snyman, Toast Coetzer, Jaco Kirsten en 8 ander skrywers saamgestel.

Categories
Magazine-Afrikaans Entertainment Magazine-Older

Huisgenoot One Direction

Huisgenoot One Direction

Category: Entertainment Price: 
Date: Year 2015 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: 5 Ouens, 1 Groep, 1 Droom: Die twiets! Die toere!Die musiek! Die fliek! Die pret! Die ongelooflike reis! ONE DIRECTION.   –   One Direction-koors het Suid-Afrika getref! In Maart en April kom Harry, Liam, Louis, Zayn en Niall al die pad Suid-Afrika toe om drie konserte te hou – en vir volbloed-Directioners is daar nou Huisgenoot se fantastiese One Direction-tydskrif! Lees hoe die groep begin het, alles oor hul liedjies, albums, toere, tatoes, die fliek en natuurlik hope inligting en pretfeite oor elke lid. Daar’s ook ’n 1D-vasvra, pragtige foto’s van die ouens én 24 gratis plakkate!

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Education

Huisgenoot Oefen-Vraestelle vir Matriek

Huisgenoot Oefen-Vraestelle vir Matriek

Category: Education Price: 
Date: Edition 2013 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Vraestelle opgestel deur top-onderwysers.   –   Haal die angel uit die matriek-eindeksamen deur deeglik voor te berei. Huisgenoot Oefen-Vraestelle vir Matriek bevat 46 volledige vraestelle en antwoordstelle wat ’n matriekleerder as deel van sy voorbereiding kan uitwerk. Die vraestelle is opgestel deur top-onderwysers. Leer en presteer saam met Huisgenoot.

Categories
Magazine-Afrikaans Women's Interest Magazine-Older

SARIE SKITTER

SARIE SKITTER

Category: Women’s Interest Price: 
Date: 2014 Special Edition Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Die wonderwêreld van horlosies, draai jou mantel na die wind en moenie omkyk nie en gatsby-meisies agter die stuur.   –   SARIE SKITTER is ‘n visuele fees van luukse en glansryke items. Dit bied styl-inspirasie vir enige geleentheid en elke smaak. SARIE Skitter verskyn saam met SARIE se Desember-uitgawe – net betyds vir die feesseisoen.

Categories
Magazine-Older Food & Beverage Magazine-Afrikaans

Huisgenoot Beste Resepte Poedings

Huisgenoot Beste Resepte Poedings

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2013 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: ‘n Versameling van ons gunsteling poeding en soetgoedresepte wat oor die afgelope paar jaar in HG/YOU verskyn het. Verwag alles van koeke, terte, yskasgeregte en gebakte nageregt. Elke soettand sal iets hier kry om sy of haar lus te bevredig.   –   ‘n Versameling van ons gunsteling poeding en soetgoedresepte wat oor die afgelope paar jaar in HG/YOU verskyn het. Verwag alles van koeke, terte, yskasgeregte en gebakte nageregt. Elke soettand sal iets hier kry om sy of haar lus te bevredig.

Categories
Magazine-Afrikaans Home Magazine-Older

Huisgenoot Huishoudelike Wenke

Huisgenoot Huishoudelike Wenke

Category: Home Price: 
Date: 2013 Edition Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Hoe om skoon te maak in ‘n flits, kulinêre oplossings en hoe om jou kinders gelukkig by speeltyd.   –   Ons lesers deel hul beste huishoudelike wenke wat jou sal help om vlekke te verwyder, jou yskas lekker vars te hou, jou huis kraakskoon te hou, mislukte geregte te red, peste en plae te bestry en nog vele meer.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Education

Huisgenoot Skooltake

Huisgenoot Skooltake

Category: Education Price: 
Date: 2015 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Huisgenoot Skooltake 2015 maak tuiswerk maklik! 40+ Onderwerpe Inligting, foto’s en sketse: Aardrykskunde, Natuurwetenskappe, Geskiedenis, Lewensorientering & baie meer.   –   : Maak skoolprojekte jou elke jaar gespanne? Dan is Huisgenoot se Skooltake 2014 net die tydskrif vir jou. Dis gepak met feite, foto’s, illustrasies en fantastiese infografika – ’n weergalose naslaangids vir die laerskoolkind in jou lewe. Dit bevat alles wat ’n nuuskierige snuiter nodig het en sluit fassinerende onderwerpe in soos die antieke en nuwe wonders van die wêreld, die menslike liggaam, die geskiedenis van geld en die skryfkuns, virusse en bakterieë en allerhande diersoorte.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Huisgenoot Heerlike dieetkos

Huisgenoot Heerlike dieetkos

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2013 Edition Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Dieetkos hoef nie soos karton te lyk en proe nie – dit kan so spoggerig soos soesji wees, so verleidelik soos sjokoladekoek en so vertroostend soos ’n bredie of ’n kerrie. Geniet die laekilojoule-resepte in dié boekie – hulle is heerlik, lyk pragtig en is sommer gou eetgereed.   –   Ons keuse van die lekkerste resepte wat in 2011 en 2012 in Huisgenoot-Wendiëte verskyn het sal jou aanspoor om ’n gesonde, slank lekkerbek te wees. Maak burgers, pasta en selfs poedings op die gesonde manier.

Categories
Magazine-Afrikaans Hobbies & Craft Magazine-Older

Idees Borduur

Idees Borduur

Category: Hobbies & Craft Price: 
Date: 2014 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Maak gereed Lees deur ons basiese gids voor jy die projekte aanpak, Mooi broodjies Verpak ’n vars brood en potjie heuning in jou eie handewerk en Na aan die hart Borduur iemand se voorletter en dra dit in ’n hangertjie om jou nek.   –   Unieke, moderne borduurpatrone – vir jou huis én jou gesin.

Categories
Magazine-Afrikaans Wedding Magazine-Older

TROU Idees

TROU Idees

Category: Wedding Price: 
Date: 2015 Frequency: Books
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Trou Idees Spesiale uitgawe: 5 trou-temas met alles wat jy nodig het en Doen dit self!   –   Trou-Idees is propvol idees en inspirasie vir ’n unieke, kreatiewe selfdoen-troue. Met slim planne vir koeke, spyskaarte, temas, tafelversierings, uitnodigings en versierings is hierdie die ideale wegspringplek vir jou droomtroue.

Categories
Magazine-Afrikaans Business Magazine-Older

Landbou 95 Jaar

Landbou 95 Jaar

Category: Business Price: 
Date: Special Edition Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Leefstyl: Ons boer so lekker, want ons eet so lekker, Bewaringsboerdery bring omwenteling en Lenie van Gamkaskloof: Vrou en huisbouer van formaat.   –   Landbouweekblad staan al vir 95 jaar, deur ’n wêreldoorlog, depressies en talle droogtes heen, sy aan sy met die boer opsy plaas. Ook deur die goeie tye — ’n hemelhoë wolprys, milde reëns en rekord-mielieoeste. Kom vier landbou se suksesse en dieplatteland se geskiedenis saam met Landbouweekblad in ons spesiale jubileumuitgawe. Hierdie mylpaal word ook weekliks in die tydskrif, op Twitter, op Facebook en opons webwerf, Landbou.com gevier.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Huisgenoot Maklik in die mikro

Huisgenoot Maklik in die mikro

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2013 Edition Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Die mikrogolfoond is die ster van ons kombuis, daardie onmisbare vriendin wat ons toelaat om verruklike geregte vinnig en maklik te berei, of dit nou sop is of vleis en poeding.   –   Jy kan baie meer met jou mikrogolf uitrig as om kos net warm te maak of te ontvries. Ons kosspan wys jou hoe om hemelse konfyte, brode, koeke, souse, vis-, vleisen pastageregte in jou mikro aanmekaar te slaan.

Categories
Fishing & Hunting Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Wegsleep Hengelgids

Wegsleep Hengelgids

Category: Fishing & Hunting Price: 
Date: 2021 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: As jou tent eers staan in die kampplek, is dit nie lank nie voordat die kinders vir die waterwurms of swembad mik. Ander kampeerders sal dalk eerder ’n wildrit verkies of sommer net die kampstoel oopslaan en die skone natuur inneem. Maar as jy die visstokke saamgebring het, is dit tyd om te kyk wat byt. Net soos ons eerste Hengelgids vyf jaar gelede sluit ons 50 oorde in waar jy kan hengel. Van die oorde is langs die kus waar jy natuurlik seevis kan uittrek, maar ons kyk ook na binnelandse oorde as jy jou oog op karp en swartbaars – of dalk forel of kurper – het. Buiten al die hengeloorde en visspesies vertel ons jou ook meer oor 20 nuwe stukke hengeltoerusting en sluit af met 30 visgeregte – van vis-en-tjips tot jou eie bokkombotter.   –   Die WegSleep Hengelgids, bevat sowat 50 uitgesoekte kampplekke waar hengelaars hulle tentpenne kan inkap en vishoeke kan ingooi. Dit sluit varswateroorde en kusoorde in en is toegelig met kaarte wat die uitleg van hierdie oorde aandui, sowel as aanwysings, kontakinligting en meer. Die gids bevat ook breedvoerige inligting oor Suid-Magazine-Afrikaanse hengelvisse met kleurryke sketse en beskrywings van waar die vis voorkom, gedrag, broeipatrone en nog meer. Daar is ook wenke en raad oor hengelgerei.

Categories
Magazine-Afrikaans Women's Interest Magazine-Older

Lééf Mooi soos ‘n Beminde

Lééf Mooi soos ‘n Beminde

Category: Women’s Interest Price: 
Date: Lente/Somer 2014 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Mooi soos Sy beminde Laat God jou met Sy liefde kroon en laat Sy Gees jou mooimaak! Lieflik vroulik Mooimaaklesse uit Hooglied en Droom saam met God Maak jou hart oop vir die volheid van dit wat Hý vir jou begeer!   –   “Mooi soos ‘n beminde” is the perfect read for the Magazine-Afrikaans-speaking woman wanting to celebrate her inner beauty. This bookazine honours every woman’s natural beauty and helps her in finding joy in her daily beauty routine. “Mooi soos ’n beminde” nourishes her spirit and empowers her to live life to the full.

Categories
Magazine-Afrikaans Women's Interest Magazine-Older

Kersfees

Kersfees

Category: Women’s Interest Price: 
Date: 2023 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Kersfees: 160+ Blinkste idees Onthoufees! Jou volledige plan vir ‘n maklike, mooi en moderne feestyd; 8 Tafels, spyskaarte & resepte By die see, Mooi in rooi, Goud op goud, Bont en helder, Nostalgies, Alles pienk, Swierig in swart, Groen vir lewe; Partytjietyd! Maklike drankies wat beïndruk; Erica Wessels oor die groot gemis van geliefdes.   –   Media24 se vrouetitels (Fairlady Magazine, SARIE Tydskrif, Tuis Tydskrif, Home Magazine en True Love Mag) het saamgespan om ’n spesiale tydskrif propvol skitterende wenke en lekkernye vir die feesseisoen aan hul gesamentlike leserspubliek te bied. Jy kan uitsien na ’n verskeidenheid Kersspyskaarte, blokkiesraaisels, vernuftige dekorinspirasie, Kersversierings wat jy self kan maak …. tot die beste geskenkgids ooit!

Categories
Magazine-Afrikaans Travel Magazine-Older

Weg: Ry & Sleep : 4×4-Gids

Weg: Ry & Sleep : 4×4-Gids

Category: Travel Price: 
Date: Issue #2 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Weg! Ry&Sleep; se 4×4 gids: Nuttige wenke vir suksesvolle avonture en 70+ Noodsaaklike toerusting van daktente tot brandstofkanne en kappies.   –   Die 4×4-gids is op die veldrygemeenskap gemik. Dit bevat welkome leiding aan nuwelinge wat dié leefstyl wil beproef, asook raad aan gesoute 4×4-ryers. Die gids het die volgende afdelings: Voorbereiding vir jou reis, tegniese detail oor jou voertuig se 4×4-tegnologie, herwinning, oorlewingsraad en die geskiedenis van veldry. Daar is altesaam 31 artikels wat saam 100 bladsye beslaan. Hierdie eenmalige tydskrif is beskikbaar in Engels en Magazine-Afrikaans.

Categories
Magazine-Afrikaans Health Magazine-Older

Sarie: Gesond

Sarie: Gesond

Category: Health Price: 
Date: 2023 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Sarie Gesond: SA Opera-liefling ná haar stryd met TB & depressie Brittany Smith Nóú leef ek; Melanie Verwoerd oor haar radikale histerektomie ‘Het ek maar geweet . . .’; Botoks vir almal? Dié vrae moet jy vra; Parkrun tot paaldans Laat waai! soos aktrises Sandi Schultz, Rozanne McKenzie; My storie Ek’s 30, enkellopend – moet ek my eierselle vries?; Skittertande! Hier’s jou beste behandelings en Jy kán bly glimlag in ‘n land vol uitdagings.   –   Never before has our emotional, physical or mental health been more of a concern. Covid-19 has shown us how vulnerable we are and that our health should be our absolute priority. SARIE GESOND looks at health in a positive, encouraging and caring way. This magazine is for the woman who wants to take responsibility for her and her loved-ones’ wellbeing, offering her trusted and inspiring information. SARIE GESOND content, written by award-winning and respected health and lifestyle journalists, is well-researched, up-to-date and visually beautiful. It highlights the sense of wellbeing that comes with a healthy body and tranquil mind. It combines relaxed but poignant conversations on different aspects of health with inspiration and key solutions to keep the reader happy, healthy and full of zest for life.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Older Celebrity

HuisgenootNelson Mandela – Man van Versoening

HuisgenootNelson Mandela – Man van Versoening

Category: Celebrity Price: 
Date: Desember 2013 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: ‘n Spesiale gedenkuitgawe ter nagedagtenis van Nelson Mandela   –   NELSON MANDELA se naam is wêreldwyd sinoniem met vryheid en vrede. Hierdie spesiale gedenktydskrif wat deur Huisgenoot uitgegee word, is ’n huldeblyk aan die wêreldikoon wat 27 jaar in die tronk deurgebring het sodat alle Suid-Afrikaners vry kan wees. Dit bied ’n gedetailleerde, leesvriendelike opsomming van sy lewe met interessante tydlyne, fassinerende foto’s en uitstekende infografika. Kom meer te wete oor Mandela se kinderjare en familie, lees sy historiese toespraak vanuit die beskuldigdebank tydens die Rivonia-verhoor voor hy tronk toe gestuur is en verken Robbeneiland (waar hy 18 van sy 27 jaar in aanhouding deurgebring het) terwyl jy meer uitvind oor die uitleg van die tronk, die klere wat hy op die eiland gedra het, die werk wat hy daar gedoen het en die tronkkos wat hy geëet het. Die boek volg Mandela van sy geboorte tot die einde van sy lewe en bekyk ook sy rol in die plaaslike en internasionale politiek en die heldeverering wat van Jan en San Publiek tot wêreldleiers en vermaaksterre vir hom gehad het. Die bêreboek van 148 bladsye is ’n moet vir mense wat hom bewonder, studente en enigeen wat in geskiedenis belangstel.

Categories
Magazine-Afrikaans Hobbies & Craft Magazine-Older

SARIE Kersfees Kreatief

SARIE Kersfees Kreatief

Category: Hobbies & Craft Price: 
Date: 2021 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: n Groot omgee kreatiewe Kersfees; Kies jou Desember-styl… Kalahari, Woudgroen, Goud & bietjie blou, Afrika, Wit, Blomme of See; Feesspyskaart Jan kook spesiaal vir Sarie-lesers; Vir die mooi Kuiertafels, dekor-idees, geskenke en stories; Nataniël & Rolanda Dís vir ons Kersfees.   –   A SARIE Christmas issue like no other – in message, creativity, beauty and abundance of spirit. Right up to the larger, more luxurious magazine format and specially-designed Xmas tags. SARIE Kersfees Kreatief bundles inspiration and a myriad ideas into a memorable Xmas ‘gift-on-the-shelf’. One you simply cannot resist. Readers will share in heart-warming Xmas memories, celebratory food and drink, ideas for festive tables, decorations and wonderful gifts, often also spiritual.

Categories
Magazine-Afrikaans Lifestyle Magazine-Older

CBD-Produkte

CBD-Produkte

Category: Lifestyle Price: 
Date: Spesiale Uitgawe Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie Spesiale CBD uitgawe: Als oor die gesondheidsgier wat die wêreld laat gons; Ons toets produkte vir jou!; Maak dit self Resepte vir middels uit jou eie kombuis; Hulp vir jou troeteldiere se skete en streke; Kennersraad & Mensestories Só kan dit help met pyn, artritis, ekseem, slaap, die menopouse, skoonheid en fiksheid; Kies die beste produk en regte dosis vir jou.   –   Was jy nog altyd nuuskierig oor KBD (kannabidiol)? Die nuwe tydskrif CBD-Produkte is die ideale inleiding tot dié nuwe welstandgier – wat dit is, hoe dit werk en hoe om die regte dosis en produk vir jou te vind. Ons deel die ervarings van gewone Suid Afrikaners en praat ook met kenners oor hoe voordele wat dié aanvulling vir liggaam en gees kan inhou. Daar is selfs inligting oor KBD vir troeteldiere, asook ’n nuttige inkopiegids om die bal aan die rol te sit.

Categories
Magazine-Older Magazine-Afrikaans Women's Interest

Maklik met Marinda

Maklik met Marinda

Category: Women’s Interest Price: 
Date: Uitgawe 2020 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Maklik met Marinda se heerlike resepte is nou vir die eerste keer beskikbaar in ’n pragtige glanspublikasie. Daar’s voorgeregte, hoofgeregte met skaap, bees en vark, bykosse en nageregte. Marinda Engelbrecht sê sy kook sonder fieterjasies en tierlantyntjies en almal kan haar kos maak.   –   Maklik met Marinda se heerlike resepte is nou vir die eerste keer beskikbaar in ’n pragtige glanspublikasie. Daar’s voorgeregte, hoofgeregte met skaap, bees en vark, bykosse en nageregte. Marinda Engelbrecht sê sy kook sonder fieterjasies en tierlantyntjies en almal kan haar kos maak. Haar resepte het begin lewe kry omdat haar kinders wou weet hoe maak sy di’e of daai en toe moes sy vir die eerste keer alles begin neerskryf wat sy al die jare so uit haar kop gemaak het. So as jy wonder hoe sy haar kits-Kerskoek of sjokoladetert met net vier bestanddele maak, of daardie romerige bloukaashoender wat deftig genoeg is vir gaste of die pragtige kerkvenster-varklies, skaf nou haar Maklik met Marinda-kookboek aan. Hier is byna 80 van haar maklikste, geurigste resepte.

Categories
Magazine-Afrikaans Women's Interest Magazine-Older

Huisgenoot: Nostalgie

Huisgenoot: Nostalgie

Category: Women’s Interest Price: ZAR56.45
Date: Herfs 2021 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Huisgenoot Bederfkos Nostalgie Onthoukos wat koester; 125 hemelse bêre-resepte Vul jou kombuis met die geure van gister; Braaiboud, Bredies & potjies, hoender, vis, kerriekos, wintersop, pasteie, vetkoek, groente, poedings & soetgoed en beskuit.   –   Jou ma se gebraaide lamsboud. Jou ouma se vetkoek. Kerkbasaar-pannekoek met kaneelsuiker. Neem jou gesin op ‘n nostalgiese reis van onthoukos, koesterkos en gul bederfkos met hierdie splinternuwe uitgawe in Huisgenoot se gewilde kostydskrif-reeks. In Nostalgie kry jy 125 bêre-resepte vir onder meer Karoolamsboud, tamatiebredie, Kaapse brijani, outydse viskoekies, vetkoek, pampoenkoekies, sjokolade-malvapoeding, hertzoggies, padkos-beskuit en nog baie meer. Voed liggaam en siel met die geure van gister!

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Tuis | Home: SA Pork Recipes

Tuis | Home: SA Pork Recipes

Category: Food & Beverage Price: ZAR131.98
Date: 2021 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Over 100 delicious family meals. A collection of tantalising pork recipes with plenty of moreish ideas for breakfast, lunch and dinner.   –   Become a pro at cooking pork with the Tuis|Home Pork magazine. This extra special issue is dedicated to all things pork – from recipes for tasty dishes to advice and tips on how to perfectly prepare this versatile meat. Not only will it give you numerous new recipes to try, but it’ll also improve your skills in the kitchen. From recipes for special occasions to relaxed family dinners, lunches or breakfast, make this cost-effective white meat (which also packs a flavour punch) a staple in your home with the help of the Tuis/Home Pork magazine.

Categories
Magazine-Older Magazine-Afrikaans

Landbouweekblad: Tegnologie

Landbouweekblad: Tegnologie

Category: Technology Price: 
Date: 2023 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Tegnologie: Oplossings vir landelike kommunikasie 4 boere se planne; Presisie kry traksie Kunsmis, Grond, siektebestuur; Dít werk vir boere: ‘1000% opbrengs op inligting!’ Stropers, bestuur, stelsels, vrugte, vee, grond; Benader eie krag soos presisieboerdery Werkbare, kreatiewe planne, Kies reg en laat sonkrag vir jou werk en Data: Die nuwe bloudraad Benut dit só slim, 30% meer produktief.   –   Elke mens het daagliks met “tegnologie” te doen. In die breë landboubedryf behels dit dinge soos presisiewerktuie, beter planttelingstegnieke, hommeltuie (drones) wat vir alles van gewasmonitering tot die opsporing van misdadigers ingespan word, en sonkrag wat toenemend goedkoper en betroubaarder word – in so ’n mate dat ’n kommersiële boer sy plaas onlangs heeltemal van die Eskom-netwerk ontkoppel het. Veeboere het nuwe tegnieke wat dit makliker maak om die grootste moontlike nageslag van waardevolle teeldiere te verkry, terwyl die presisiemonitering van voeromsettingsdoeltreffendheid hulle help om die beste diere te selekteer. In die tyd van Covid-19 het boere ook digitale veilings aangegryp om hul diere te bemark. Die naspeurbaarheid van landbouprodukte raak toenemend belangrik. Die wolbedryf en sommige rooivleisboere reeds suksesvol daarmee. Al hierdie aspekte en meer word in hierdie eerste uitgawe van Landbou Tegnologie gedek, asook vernuwende denke in die vorm van herlewingslandbou. Uiteindelik het tegnologiese produkte en stelsels net waarde as jy dit gebruik om jou boerdery beter te bestuur, beter te kommunikeer en hulpbronne te bewaar. Hopelik help dié tydskrif jou daarmee.

Categories
Magazine-Older Food & Beverage Magazine-Afrikaans

Huisgenoot: Min Suiker

Huisgenoot: Min Suiker

Category: Food & Beverage Price: 
Date: Issue 2019 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In Huisgenoot Min Suiker: Ons maak dit maklik 96 Heerlike resepte Smul aan soetgoed sonder die skuld; Dekadente koeke, Liplekker nageregte, kleinkoekies, bederfies vir kinders; Als wat jy moet weet Dis wat suiker aan jou lyf doen & hoe jy kan ingryp; Dieetkundiges se topraad Trek jou suikertand in 4 stappe, Leer jou kinders suikerslim kies, Maklike ruilings vir ’n laesuiker-lewe en Jou moethê-gids tot: Die beste versoeters, Wegkruipsuiker in kos, Drankies die wenners en die verloorders en slim vrugtekeuses.   –   Suiker is so lekker, maar tog ook so sleg vir ons. Huisgenoot se Min Suiker-tydskrif bevat die nuutste inligting oor suiker soos die uitwerking van te veel daarvan op die liggaam en hoe jy beheer kan neem. Ons vind uit hoeveel suiker in kos en drankies skuil, dieetkundiges verduidelik hoe jy van emosionele etery kan losbreek en ons bekyk die vooren nadele van die vele versoeteropsies. Ons sluit ook 96 heerlike resepte vir soetgoed in elkeen met minder suiker of versoeter berei wat dit makliker sal maak om met ’n laesuiker-leefstyl vol te hou.

Categories
Magazine-Afrikaans Women's Interest Magazine-Older

Huisgenoot: Kook vir Twee

Huisgenoot: Kook vir Twee

Category: Women’s Interest Price: 
Date: 2020 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Die meeste beskikbare resepte is vir vier mense. Dit help ook nie dat varsprodukte se pakkiegroottes op groter gesinne gemik is nie. Dis ’n bykans onmoontlike taak om ’n verskeidenheid gesonde maaltye vir net twee mense te berei en niks te mors nie! Huisgenoot Kook vir Twee help klein gesinne om ’n verskeidenheid smaaklike etes te geniet sonder om kos weg te gooi. Die resepte is genoeg vir twee en by die enkele groter resepte wys ons jou hoe jy die oorskiet kan gebruik. Daar is ook weeklikse inkopielyste en wenke om kosmaak slim te benader.   –   As jy vir net twee mense kos hoef te kook, is hierdie tydskrif vir jou. Die meeste resepteboeke is gemik op gesinne van vier of meer, en as jy vir minder mense kook, moet jy dikwels kos – en geld – weggooi. Hier los ons jou probleem op met meer as 80 heerlike resepte vir geregte wat in klein hoeveelhede geniet kan word. Agt weeklikse spyskaarte met inkopielyste help sorg dat niks vermors word nie, en ‘n hoofstuk oor vooruit kook red jou op daardie dae wanneer jy nie lus het om voor die stoof te staan nie.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-Older

Huisgenoot: Carmen Niehaus 100 beste resepte

Huisgenoot: Carmen Niehaus 100 beste resepte

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2021 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Twee-en-dertig jaar. ’n Leeftyd lank. Wat ’n voorreg om vir daardie tydperk die kosredakteur te kon wees van die land se grootste tydskrifte, Huisgenoot en YOU. Vir my was die grootste lekkerte die bydrae wat Huisgenoot se lesers altyd gelewer het. Die immergewilde Wenresepte met resepte wat lesers nog gepos het, is uitgebou na heerlike kosreise die land vol waarop ek vele uitstaande kokke op die mooiste plekke ontmoet het. Hierdie boek is ’n allegaartjie gekies uit 32 jaar se resepte uit my kombuispen, en van my heel grootste gunstelinge.   –   Carmen Niehaus se 100 beste resepte Daar is min Suid-Afrikaners wat nie die legendariese Carmen Niehaus ken nie. Twee-en-dertig jaar lank was sy kosredakteur van Huisgenoot en YOU, en later ook van Drum. Nou het sy uit die derduisende resepte wat die afgelope dekades onder haar wakende oog in die tydskrif-toetskombuis berei is, dié gekies wat sy die graagste tuis vir haar gesin en vriende maak – hartskos uit haar eie kombuis. Die bundel is deurspek met herinneringe aan die mense wat deur die jare saam met haar gekook het, lesse uit haar ma se plaaskombuis en raad oor wat alles met gunsteling-bestanddele opgetower kan word. Moet jy gaste onthaal? Braai ’n Karoo-lamsboud. Kom jy moeg tuis ná ’n lang werkdag? Gooi ’n vullende slaai bymekaar. Moet jy groente in die kinders se lyf kry? Hulle sal nie kan nee sê vir sampioenlasagne nie. Wil jy die hordes voer? Maalvleis is jou antwoord! En vir al die suikertande is daar natuurlik meer as genoeg poedings, terte, koeke en ander lekkernye. Moenie dié bêre-uitgawe misloop nie – jy sal keer op keer daarheen wil terugkeer om saam met Carmen jou eie, heerlike kosherinneringe te bou.

Categories
Travel Magazine-Older Magazine-Afrikaans

Weg! Kalahari

Weg! Kalahari

Category: Travel Price: 
Date: 2021 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: 47 BLYPLEKKEKgalagadi-oorgrenspark (SA& Botswana-kant), Askham, Van Zylsrus, Upington, Augrabies en meer! Ry saam van Noenieput na Rietfontein (oor Koppieskraal), waar die Kalahari verras met damme water – én ’n kameelplaas!   –   Hierdie 130-bladsy-gids dek die Kalaharistreek van die Noord-Kaap, insluitend die Kgalagadi-oorgrenspark (Suid-Afrikaen Botswanakant). Dit bevat inligting oor 47 blyplekke, van ruskampe en kampeerplekke tot lodges en gasteplase. Die artikels sluit in: roetebeskrywing van die Nossob 4×4 Eco Trail, Koppieskraal-kameelplaas, Kurumanrivier in vloed, gewilde watergate van die Kgalagadi, geskiedenis van die park, voëlfotografie, en meer!

Categories
Magazine-Afrikaans Parenting Magazine-Older

Sarie Eet

Sarie Eet

Category: Parenting Price: 
Date: 2019 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: Die doel van hierdie tydskrif is om jou te help om kos en jou kind se voedingsbehoeftes ’n bietjie beter te verstaan. Daarmee saam is hier ’n stewige porsie (gesonde) kos-inspirasie!   –   Raising a happy child is a joy, but also poses many challenges. Healthy eating is top of the list of things parents need to get right. SARIE Eet! Maklik en Gesond vir jou kind is the answer. Researched and compiled with the help of a registered dietician this stand-alone magazine is an easy reference to help guide you through the quagmire of good nutrition for 1 to 6 year olds. It’s a handy tool to deal with common food-related problems ie How much sugar is too much?, Help! my child is allergic to almost everything or My little one is a picky eater, how do I ensure she gets the nutrients she needs? The magazine will also help you identify problems which might need professional help. Loads of easy, clever recipes will undoubtedly help you establish the building blocks of healthy eating habits for your child. He/she will be forever greatful! Illustrated throughout with beautiful photographs and illustrations, this magazine is a must-have for every parent.

Categories
Magazine-Afrikaans Hobbies & Craft Magazine-Older

Huisgenoot: Maak dit Self

Huisgenoot: Maak dit Self

Category: Hobbies & Craft Price: 
Date: 2023 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Maak dit self: 40+ Superkoel projekte vir die vakansie; Hou jou kinders ure lank besig met meer as 40 prettige en leersame selfdoenprojekte.   –   Soek jy iets om die jongspan mee besig te hou tot hulle weer op die skoolbanke mag sit? Huisgenoot se nuwe tydskrif, Maak dit self, is net wat julle nodig het. Dis propvol opwindende, maklike én leersame selfdoenprojekte. Die oulike eksperimente en handwerkitems sal jou kroos ure lank besig hou – en alles word stap vir stap met illustrasies verduidelik. Voorbeelde: Prakseer jou eie musiekinstrumente, bou ‘n elektromagneet, vou voorwerpe uit papier, maak drie soorte slym (ook een wat in die donker gloei!), laat ‘n ballon vanself opblaas en berei jou eie roomys. Met dié tydskrif het jy meer as 50 antwoorde op daardie eeue-oue vraag: “Ma, wat kan ek doen?”

Categories
Magazine-Afrikaans Home Magazine-Older

Dekor Idees

Dekor Idees

Category: Home Price: 
Date: 2016 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: ’n Vervalle kothuis word met die eienaar se kreatiwiteit in ’n gesinstuiste verander. Dié Victoriaanse skakelhuis met sy monochrome palet is ’n Kaapse grimeerkunstenaar se toevlugsoord. Idees vir kombuise wat werklik die hart van die huis is.   –   Enige kreatiewe tuisteskepper wil graag haar eie stempel sit op die voorkoms en gevoel van haar huis. In hierdie spesiale uitgawe wys ons kreatiewe huise, die inspirasieborde wat jy nodig het om die prentjie te skep asook slim projekte vir al ons selfdoen-lesers.

Enable Notifications OK No thanks