Eenvoud
Description: In Eenvoud: Maak jou spenskas vol Appelasyn, blatjang, slaaisous, mosterd, warmsjokolade…; Bóér op jou werf Plant n tuin vir die kostafel, Groentekalender (wanneer om te plant en te pluk)… en hou sommer hoenders aan!; Suurlemoene, asyn en koeksoda vir n skitterblink huis; Meng jou eie gesigolie, borduur n beertjie, hekel n kombers én lyfskroppers, kook seep … 40 + selfdoenprojekte; Koop minder, koop slimmer, maak meer… dis beter vir die aarde – Smag jy na n stiller, meer skeppende lewe? Waar jy vir vriende geskenke maak pleks van haastig iets wat in massa geproduseer word van n rak af gryp. Waar jy nader aan die aarde lewe; miskien n bietjie boer op jou werf; n groentetuin, dalk n hoender of twee vir vars eiers? Eenvoud wys wat jy in jou spensen skoonmaakkas maklik self kan maak pleks van om dit te koop in plastiek verpakking: Granola, jogurt, slaaisous, sitrusskoonmaakmiddel, katoenjammerlappies… Dieselfde geld vir jou badkamerkas kook jou eie seep, meng gesigolie en reukweerder, hekel wattelappies… Jy hoef nie n meestersjef of handwerkghoeroe te wees nie. Geniet die proses van met jou hande werk en iets nuuts leer; weg van die rekenaar af. En eksperimenteer Eenvoud het ook mooi skoon bladsye waar jy notas kan neerskryf. (Plus gratis uitknip-etikette, geskenkkaartjies en n herwinplakaat.) Laat Eenvoud jou bystaan op die pad na n groener en meer skeppende en betekenisvolle lewe.

