Categories
Magazine-Afrikaans Parenting Magazine-Older

Huisgenoot Raad: Ouerskap

Huisgenoot Raad: Ouerskap

Category: Parenting Price: 
Date: Somer 2022/2023 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Ouerskap: Sepiester Mandi du Plooy-Baard en ander Só kleur ons kinders die lewe vir ons in; Kennersraad oor… Dissipline wat werk, Boelies en maats, Hoe om stres te hanteer, Selfbeeldontwikkeling; Verstaan jou kind Gebruik dié insigte om verskillende persoonlikhede te ondersteun – en te laat blom!; Jou groot gids Die riglyne wat elke ouer benodig vir kinders se vormingsjare en 44 Nuttige lewenslesse ‘Wys hulle hoe sukses lyk’ wêreldkampioen Wayde se ma, Odessa.   –   Die tydskrif Ouerskap bied kennersraad oor ’n verskeidenheid uitdagings op ouers se pad en hoe om jou kind te laat blom!

Categories
Magazine-Afrikaans Hobbies & Craft Magazine-2024

SARIE Kreatief

SARIE Kreatief

Category: Hobbies & Craft Price: 
Date: 2024 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Sarie Kreatief Brei & Hekel: ‘n Beginner? Brei ons knooptrui vir hele gesin (9 groottes), Hekel granny squares vir handskoene, drasak en sagte kombers; Baba se bederf Van warm mussie tot die oulikste onesie; Iets vir almal Jassie vir Woef, Moet-hê-tjalie, Sexy miniromp met vlermuismou-top, Kort hekelbaadjie en Truie net vir hom.   –   Ons 3de SARIE kreatief met 20+ breien hekelpatrone is nóú beskikbaar. Breien hekelwerk is mode en oral in die winkels, en ons sê hoera oor die dik truie, jasse, serpe en handskoene wat lyk asof dit tydsaam met die hand geskep is.

Categories
Business Magazine-2024 Magazine-Afrikaans

Landbou Vee

Landbou Vee

Category: Business Price: ZAR44
Date: 2024 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Landbou Vee: SA se beste boere Vlymskerp skaapteler, Tem uiterstes op een plaas en Sukses op suurveld; Herlewingslandbou begin rekeninge betaal ‘Gratis plaas’, meer wins met groter troppe + Erdwurms en perde laat die somme klop; Top-Geldgids BTW-bedrog se bloedspoor, Louis du Pisani se oorlewingswenke, Claude Cloete se boereraad uit die loopgrawe en Uitblinkers Bly só altyd ’n paar treë voor droogtes, Vyf lekke is beter as twee, ’n Teelbenadering wat wérk en Sif só reg vir geldmakers.   –   Veeboere is vol hoop vir ’n beter somer ná die erge droogte van 2015-’16. In Landbou Vee 2016 gee kenners raad oor hoe boere hul kuddes weer kan opbou en hoe om weiveld te laat herstel. Kyk uit vir artikels oor boere wat uitgeblink het, die jongste tegnologie vir die veebedryf, ’n hele paar handige boereplanne en watter neigings die toekoms van die rooivleisbedrywe kan bepaal.

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-Latest Travel Magazine-2024

Weg! Ry & Sleep

Weg! Ry & Sleep

Category: Travel Price: ZAR56
Date: Oktober/November 2024 Frequency: Bi-Monthly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Weg! Ry & Sleep: Namibië Stofpad tot by die Waterberg; Sleeptoets Wat steek in die Mahindra Scorpio-N?; Kamp in Kosibaai Álmal is welkom om af te saal; Spesiale fokus op ryhuise Tegniese inligting oor 34 modelle; Kamp In die Bosveld tussen rots en bos; Rygoed GWM Tank 300 gevang vir drink en bestuur!; Woonwatoets Lêplek vir 2 in die TrailPod Max en Leser vertel Kapenaars toer Botswana toe.   –   Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwaen 4×4 entoesiaste en avontuurreisigers.

Categories
Magazine-Afrikaans Wedding Magazine-2024

SARIE BRUID

SARIE BRUID

Category: Wedding Price: 
Date: 2024/2025 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Sarie Trou: Bok-held en sy sprankelbruid Willie & Holly ‘Kan ‘n man só gelukkig wees!’; Ons kies 60+ droomrokke en dáái tuxedo!; So maak jy, sê die kenners Lugfoto’s, Vere en blomme, Sjampanje-torings, Koue vuurwerk, Middernaghappies; Bekendes haak af! Kyk hoe maai Armand Aucamp, Lea Vivier, Survivor-wenner Nicole Wilmans, Pret-blogger Lisa met die rooi hare, Twee Sarie Voorbladgesigte.   –   SARIE Bruid is deel van elke bruid se mooiste oomblik. “Sprokiesmooi, skeppend, so besonders. Met dié SARIE BRUID gaan jy jou hart verloor, want troues vandag is ver van net glans. Elk vertel ‘n spesiale storie. Elke stukkie mooi verklap iets van liefde en omgee” Michélle van Breda, Redakteur SARIE

Categories
Magazine-Afrikaans Home Magazine-2024

Tuis Opknap

Tuis Opknap

Category: Home Price: 
Date: 2024/2025 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Tuis Opknap: Ons top-100 Wenke vir ‘n bobaas-opknap; Kies reg Alles-in-een-vloergids + Vooren nadele en kostes; Ideaal vir Airbnb Vraghouer omskep in gasteverblyf en 10 Volledige projekte 164 blaaie propvol inspirasie.   –   Dié spesiale uitgawe is ’n versamelstuk vir opknappers. Vanjaar se uitgawe spog met meer as 100 bladsye se opknapprojekte van regte lesers. Dis propvol inspirasie vir dié wat self iets soortgelyks wil aanpak, soos die ongelooflike transformasie van Heinz Winckler en sy gesin se droomhuis in Somerset-Wes. Lesers deel voor-foto’s van die sitkamers, kombuise, badkamers, onthaalareas en huise wat hulle reggeruk het, en vertel van hoe uitdagend maar lonend so ’n projek kan wees.

Categories
Magazine-Afrikaans Home Magazine-2024

SARIE Woon

SARIE Woon

Category: Home Price: 
Date: 2024/2025 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Sarie Woon: Ons maak ‘n swierige Kaapse draai ‘n Plek soos geen ander; Blyplekke wat sê kom binne! Van die stadskom & strand tot die berghang en woud en Trends Peach Fuzz, Ouma se mooi, Geluksdekor, Oorgroot ligte, Marmer en kurk en Handgemaak.   –   SARIE WOON fokus op stemming en mooi oomblikke. Dit bring die beste in dekor (plaaslik en internasionaal) en slim handwerk en doen-dit-self bymekaar, en vang só ‘n ware SA leestyl vas. In die Suid-Skiereiland oorweldig die berg en see jou, maar die mense en hul huise steel jou hart. Kuiermense wat hier wegry, wees hulle kon liefs langer bly.

Categories
Magazine-2024 Food & Beverage Magazine-Afrikaans

Kuier Combo

Kuier Combo

Category: Food & Beverage Price: 
Date: Kreatief 2024 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Kuier Combo Kreatief: Kook soos Tietie & Nanna! Van bollas tot bredies – susters deel 5 liplekkerresepte met lesers; 7 Brei-idees om jou gesin knus te hou; Ook binne Staatmakers vir jou airfryer, 4 van wyle Fatima Sydow se smaaklike eetgoed en Maak jou eie chutney en jam.   –   Die KuierCombo Somer is ‘n spesiale uitgawe vir lojale Kuier-lesers. Met 78 nuwe, smullekker resepte plus wenke met kruie. KuierCombo Somer gee jou lekker idees vir hoofgeregte, nageregte, partytjies en heerlike gebak vir slegs R21!

Categories
Magazine-Afrikaans Entertainment Magazine-2024

weg! Namibië

weg! Namibië

Category: Entertainment Price: ZAR100
Date: 2024 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Weg! Namibië: Soek jou gunsteling-duin! Skedelkus, Kaokoveld, Kalahari; Victoriawaterval Skiet oor die grens en word sópnat; Locals gee raad Dít vat die koek in Windhoek, Eet en speel hiér op Swakop; Kavango tot Chobe Hou vakansie langs vier riviere; Nyae Nyae-panne Kamp onder ’n kremetart in die land van die San en 250 + bly-en kampplekke.   –   Ons jaarlikse Namibië-gids is al ’n instelling vir liefhebbers van die dorsland! Die akkommodasiegids is vanjaar groter as ooit tevore: meer as 200 plekke van die verste hoek van die Caprivi tot Oranjemund in die suide word gelys. Hierdie jaar se artikels sluit in ’n Namibwoestyn 4×4-toer, ’n opsomming van die beste restaurante in Swakopmund en Walvisbaai, die dinge wat gebeur by die Grootfonteinskou (min of meer enigiets…) en wat om te doen in Windhoek. Daar’s ook reisdagboeke van o.a. ’n groep visvangvriende teen die Skedelkus noord van Henties, twee vriende wat motorfietsry deur die wilde noorde van die land, ’n jong paartjie wat kaalvoet (!) duimgooi van Sossus na Outjo en twee ouer egpare wat Damaraland,Kaokoland en Etosha makmaak op hul eie manier. Ons gee jou ook ’n rugsakpaklys vir die Visriviercanyonstaproete,en ons gesels met van Namibië se kleurvolste karakters, van lodge-eienaars en radiopersoonlikhede tot grafittikunstenaars en duingoggakenners.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-2024

Landbou Boerekos

Landbou Boerekos

Category: Food & Beverage Price: ZAR55
Date: Lente/Somer 2024 Frequency: Half-yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Landbou Boerekos: Maak kennis met koshelde Produsente, sjefs, bewaarders, geur-connoisseurs en pioniers; Kersfees ‘n Keur van nageregte en kleinkoekies vir die feestyd; Plaas toe Maklike resepte met eiers, beesvleis, tamaties, mielies en koringmeel en Pinotage verjaar Ons vier 100 jaar van ‘n trots Suid-Magazine-Afrikaanse kultivar.   –   Die somer is hier en ons wil buite eet, vleis braai, piekniek hou en potjiekos maak. Smul die seisoen saam aan sonryp somervrugte, dekadente roomys en vrieskaskoek, vakansiekoekies en moeitevrye aandetes en Kersfeeskos. Kry al hierdie gunstelinge, en nog baie meer, in ons propvol someruitgawe!

Categories
Magazine-Afrikaans Lifestyle Magazine-2024

Weg! Platteland

Weg! Platteland

Category: Lifestyle Price: ZAR68
Date: Lente 2024 Frequency: Quarterly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Weg! Platteland: Gesonder met suurdeeg Van NG dominee tot broodevangelis, Brood gekweek, gemaal én gebak in die Swartland; Flora van die Knersvlakte toor met roosterkoek & koeksisters!; Ons stap ’n draai deur Vosburg; As die dood van ’n dier jou ruk…; Soetmelksvlei Terug na die stadiger lewe; Jan Mentoor Malmesbury se besemman; Lentekos Errieda ‘skilder’ met piepgroente en Één vrou sit die hoop terug in Niekerkshoop..   –   Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Categories
Magazine-Afrikaans Parenting Magazine-2024

Baba en Kleuter

Baba en Kleuter

Category: Parenting Price: ZAR44
Date: Oktober 2024/Januarie 2025 Frequency: 3 Issues/Year
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Baba & Kleuter: Swangerskap Berei voor op kraam, Ontspan oor jou keiser, Vermy verbode kosse, Sorteer sooibrand & meer uit; 12 Wenke vir roetine; Potjielesse sonder stres; Kry jou baba genoeg melk? Dis hoe jy weet; Babakamer Kies neutrale kleure & rig in vir goeie slaap en Ontwikkeling Magietyd & kruip.   –   Baba & Kleuter is die enigste Magazine-Afrikaanse ouerskaptydskrif in die land. Ma’s wat net die beste vir hul kinders wil hê maak staat op ons vir raad en inligting. Ons is passievol oor ouerskap en maak ma-wees makliker vir jou. Baba & Kleuter is`n ouerskaptydskrif wat alles dek van swangerskap tot en met graad een. Ons inspireer ons lesers met deeglike, inspirerende artikels om beter ouers te wees en hul kinders met selfvertroue groot te maak. Ons skep `n gemeenskap van oopkop Magazine-Afrikaanse ouers wat almal glo in heilsame gesinne waar elke gesinslid homof haarself ten volle kan uitleef. Lees Baba & Kleuter, en jy sal klaar soos ‘n beter ouer voel.

Categories
Magazine-2024 Magazine-Afrikaans Business Magazine-Latest

Landbouweekblad

Landbouweekblad

Category: Business Price: ZAR22.40
Date: 14-Nov-24 Frequency: Fortnightly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Landbouweekblad: Wynboer skop vas Kooperasie, SSK voor stok gekry; Hier’s SA se allerbeste beesen skaapboere; Limpopo se topjongboer Mense eerste – en die res volg vanself; Woestynuithouritte Swakopmund haal beste uit perd én ruiter; Koringversekering Is die skrif aan die muur?; Kosteknyptang ‘n mite? Mielies hóú tred met produksiekoste en Hardapdam loop leeg + Raak dit weer droër ná vanjaar?   –   Landbouweekblad, Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif, is al meer as 100 jaar in diens van ons boere. Ons loop voor met tegnologie, ontleed neigings, bring die jongste nuus, bekyk oplossings en soek deurgaans vir nuwe boederymetodes vir ’n meer volhoubare en winsgewende landboutoekoms. Lees stories van hoop in Landbouweekblad, ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Magazine-Afrikaanse landboubedryf. Beplan saam, vernuwe saam en boer vooruit.

Categories
Magazine-Afrikaans Newspaper

Swartland Gazette

Swartland Gazette

Category: Newspaper Price: 
Date: 5-Nov-24 Frequency: Weekly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: 5-Nov-24   –   Swartland Gazette is an Magazine-Afrikaans freesheet that’s distributed every Tuesday in Malmesbury, Moorreesburg, the Riebeek Valley, Darling and Yzerfontein.

Categories
Magazine-Afrikaans Sports Magazine-2024

Weg!: Stapgids

Weg!: Stapgids

Category: Sports Price: ZAR100
Date: 2024 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Weg! Stapgids Ontdek die berge om pragtige Phiring; Golden Gate se Ribbok is skoon rammetjie-uitnek!; Die Otter 56 jaar oud, maar steeds goud!; Klipspringer & Goegap Waar die Noord-Kaap met jou toor; Pondoland Dis (nog) wild en wonderlik! plus 10 puik dagroetes: Watter een stap jy dié naweek?, Nuwe boeke oor Tafelberg en die Visriviercanyon.   –   Vanjaar se stapgids is weer propvol voorstelle wat jou sal help om ná die tyd van inperking in die buitelug te kom. Is jy ’n stapgroentjie? Kies een van ons dagstappe, of doen ’n slenterstaproete in die Sederberg, die Baviaanskloof of langs die pragtige strande in die Oos-Kaap. Het jy lus vir ’n groter uitdaging? Gaan stap in die Naukluft-woestyn, of deurkruis die Kruger – te voet! Ons wys vir jou lekker naweekstaproetes in jou omgewing, neem jou na Suicide Gorge en Kilimandjaro, en verken van die ongerepste, asemrowendste dele van die Drakensberg. Jy het nou genoeg op die rusbank gelê en TV kyk! Kry vandag nog jou eksemplaar van Weg! Stapgids en verken jou nuwe vryheid!

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-2024

Lugbraaier

Lugbraaier

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2024 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Lugbraaier: 3de Uitgawe Nog inspirasie, nog planne; Air-fryer-revolusie duur voort! Vinnige ontbyt, Afshow-bykosse, Geurige pasta, Sappige rooivleis, Veelsydige hoender, Suikersoet nagereg, Wen-gebak en nog meer; Kook byna alles in dié katoeter 80+ Nuwe resepte and Lees meer Die waarde van tyd Rek die ure in jou dag met klein veranderinge.   –   Die gewilde kosskrywer Herman Lensing gee lugbraaiers vlerke met Suid-Afrika se nuutste moet-hê kookboek-tydskrif vir elke kombuis! Herman inspireer met meer as 80 air-fryer-resepte en dié tydskrif sal jou met nuwe oë na jou lugbraaier laat kyk. Dié toestel is regtig tot baie meer in staat as wat jy dink! Van Bykosse, ontbyt, vleis, gebak, pasta en selfs hoender resepte beloof die boek om iets vir almal te gee.

Categories
Magazine-Afrikaans Travel Magazine-2024

go! Drive & Camp Buyers’ Guide / Weg! Ry & Sleep Koopgids

go! Drive & Camp Buyers’ Guide / Weg! Ry & Sleep Koopgids

Category: Travel Price: 
Date: 2024 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In this issue: 68 Manufacturers, 282 Models and 46 New designs In hierdie uitgawe: 68 Vervaardigers, 282 Modelle en 46 Nuwe ontwerpe.   –   Die eerste en enigste volledige woonwa-kopersgids op rak in die land / The first and only complete caravan buyers’ guide on shelf in the country.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-2024

Tuis Kortpadkos

Tuis Kortpadkos

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2024 #5 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Tuis Kortpadkos: 125 resepte + spesiale seksie vir vegetariërs; Randrekkers met hoender, maalvleis, deeg en Kerrie… en ietsie soets vir agterna!   –   Deur die jare het die tydskrif TUIS ook bekend geword vir sy smaaklike maar bekostigbare resepte. Die geregte lyk indrukwekkend, maar is maklik om te maak. Dit was nog nooit so maklik om jou vriende te beïndruk nie! Hierdie resepteboek sal jou stap vir stap wys wat om te doen. TUIS Kortpadkos bevat 75 van TUIS se lekkerste resepte – sout sowel as soet.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-2024

Huisgenoot Lugbraaier

Huisgenoot Lugbraaier

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2024 Volume 03 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Huisgenoot Lugbraaier: 96 Winterresepte; Trooskos teen die koue Als vir wilde weeksdae, ontspanne naweke en onthaal!; Nuwe geregte! Gebruik jou braaier vir: bredies en pasteie, ribbetjies en seekos en selfs ’n verjaardagkoek; Kerries en noedelgeregte Bekostigbaar, vullend en genoeg vir die hele gesin.   –   Tatta stoof, hallo lugbraaier! Hou jy van jou geregte bros, vinnig en maklik? Dan is Huisgenoot se nuwe Lugbraaier-resepteboek net vir jou! Daar’s ontbyt, gesinskos, vleisgeregte, gebak en soetgoed – en natuurlik die twee dinge waarvoor baie mense lugbraaiers koop: om vetvrye happies te prakseer en die kinders veilig te laat saamkook. Ons verduidelik ook vir nuwelinge hoe om die beste lugbraaier vir hul behoeftes te kies en dan die meeste daaruit te haal. Dié boek sal jou help om jou oondplate en stoof – en die baie krag wat hulle verg – ál minder te gebruik!

Categories
Magazine-Afrikaans Magazine-2024

ALLES

ALLES

Category: Technology Price: 
Date: Winter 2024 Frequency: Quarterly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van ALLES: 107+ dinge waarvan jy moet weet; Hoe gaan KI die olimpiese spele beïnvloed + kom op hoogte met 5 KI-Kursusse; Ons toets die Fujifilm X-T50; Word ‘n voëlkyker + 8 verkykers om te oorweeg; Beplan ‘n fietstoer (en kies die regte sakke) en bly knus dié winter met 11 baadjies, 9 stewels, 9 pannekoekresepte.   –   ALLES is a new gear-and-gadgets magazine in the Media24 group. This Magazine-Afrikaans publication focuses on technology with a strong lifestyle angle. It features the Magazine-Latest in the tech world and what you need to work and play hard.

Categories
Magazine-2024 Magazine-Afrikaans Home

Sarie Okkasie

Sarie Okkasie

Category: Home Price: 
Date: 2024 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Sarie Okkasie Bykos: Lepels vol lekker op jou bord 65 Resepte; Sterre op jou tafel; pampoen krul van plesier; Gebottel vir later; Groen Geure; Alles sappig rooi; Sondagskottels; Een-is-nooit-genoeg-aartappels; rys; korrel vir korrel; Dis koue slaai, skat!   –   Vier fees met SARIE OKKASIE Mooimaak-inspirasie is iets wat ons almal se lewe verryk. Dit hoef nie duur te wees nie, al wat kort is ’n tikkie kreatiwiteit – iets waarvan SARIE OKKASIE hope verskaf. Of jy idees en wenke vir Kersfees, Paasfees, ’n kinderpartytjie, 70ste verjaardagviering, troue of selfs net die viering van ’n vriendskap kort, die uitgawe het inspirasie vir menige okkasie. Plus, SARIE kosredakteur, Herman Lensing, deel sy feesspyskaart!

Categories
Magazine-Afrikaans Home Magazine-2024

Tuis Werf

Tuis Werf

Category: Home Price: 
Date: 2024 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Tuis Werf: Jou alles-in-een-gids vir buiteruimtes; Die moosite sonkamer in ‘n glaskas; Tuine propvol inspirasie Perfek in potte, ‘My liefde vir rose’, ‘n Graslandskap en Waterslim in die Karoo en Skep strukture Raad met paadjies, verhewe beddings, tuinmure & beligting   –   Die inhoud sluit alles oor die werf rondom jou huis in – blomen groentetuine, resepte uit die tuin, troeteldiere, planne met wasgoedlyne en vullisblikke, jou swembad, komposhope, inspirasie vir jou stoep, die Wendyhuisie en jou motorhuis.

Categories
Magazine-Afrikaans Travel Magazine-2024

Weg! Karoo

Weg! Karoo

Category: Travel Price: 
Date: 2024 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Weg! Karoo: 43 Puik blyplekke van Graaff-Reinet tot in die Tankwa Wiel in die wind!; Hardemanskaroo Op soek na die siel van die korbeelhuis; Baviaanskloof Stap die Luiperdroete (sáám met ’n luiperd!); Fotoportefeulje Samantha Reinders se ode aan die Karoo; Calvinia Koerantman Frans Hugo (91) se 1200 km-afleweringsroete en Kies koers na: Padstalle langs die R62, Wilde bergpasse en poorte, Prins Albert, Loxton… mét jou honde.   –   Wou jy nog altyd die Karoo gaan verken, maar weet nie waar om te begin nie? Hierdie reisgids dek al die streke, van die Tankwa in die weste tot die Kamdeboo in die ooste: Groot-Karoo, Klein-Karoo, Hardemanskaroo – elke soort Karoo! Ons lys 101 Karootreffers – als van die beste padstalle, gasteplase, natuurreservate en dorpsmuseums tot die mooiste agterpaaie om te gaan ry. Toast Coetzer skryf oor blyplekke in die Klein-Karoo (Barrydale, Vanwyksdorp, Calitzdorp, Oudtshoorn en Uniondale); Chris Marais vertel die opstaan-storie van die Oos-Kaapse dorpie Hofmeyr; Pierre Steyn toer saam met Heuningland rondom Beaufort-Wes; en Willem van der Berg ry perdekar op die Vergete Grootpad… Ontmoet die toergids Marchelle van Zyl van Montagu en die plantkenner Sue Milton-Dean van Prins Albert. Praktiese reisadvies, lekkerlees stories én ’n dubbelblad-kaart van die Karoo – geniet dit!

Categories
Travel Magazine-2024 Magazine-Afrikaans

Weg! Botswana

Weg! Botswana

Category: Travel Price: 
Date: 2024/2025 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Weg! Botswana: Chobe toe! Hier’s jou reisplan vir 8 dae; Kalahari Was jy al op Jack’s Pan?; Zim se Hwange Kom kamp rég langs ’n watergat!; Khama Rhino sanctuary Welkom in die renosterrepubliek!; 180+ Blyplekke en Maak dit maklik! Grensinligting, kaarte en kontaknommers.   –   Beplan jou eie vakansie na Botswana! Ons wys jou hoe met 24 kaarte (insluitend dorpskaarte van Maun en Kasane, asook parke soos Moremi en Chobe) en meer as 85 blyplekke. Die gids fokus op die noorde van Botswana, Namibië se Caprivistrook en die Victoriawaterval (Zimbabween Zambië-kant).

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-2024

Skud dit af!

Skud dit af!

Category: Food & Beverage Price: 
Date: 2024/2025 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Skud dit Af!: 68 Heerlike resepte ontwikkel vir hormoonbalans, gewigsverlies, gesonde bene, mooi vel; 12 Kenners gee raad; 10 Eetgoed wat jou gewigsverlies pootjie; Is jy aan kos verslaaf? en Dink voor jy drink Dis nie nét slegte nuus nie.   –   Vergeet van uithongerdiëte. As jy een van die derduisende vroue bo 45 is, wat gewig aangesit het weens menopouse, is hierdie tydskrif ideaal om weer jou gewigsverlies op koers te kry. Skud dit Af! verduidelik presies hoekom jy jou eetgewoontes moet verander om minder koolhidrate en meer proteïene te eet, en help jou om die verandering te maak met bladsye en bladsye vol smaaklike resepte. Lees ook die inspirerende verhale van vroue wat by dieselfde kruispad as jy gekom het. Skud dit Af! word in samewerking met Fair Lady en Lose It! uitgegee.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-2024

Kortpaaie Spesiale kookboektydskrif saamgestel deur Herman Lensing

Kortpaaie Spesiale kookboektydskrif saamgestel deur Herman Lensing

Category: Food & Beverage Price: 
Date: Uitgawe 1 2024 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Kortpaaie: Spaar tyd met moderne tegnologie; 65+ Nuwe resepte Kook byna alles in dié katoeters; Kook beter Slim wenke vir jou kombuis; Gou-gou uit die mikrogolf, Geurig in die slow cooker, Nostalgies uit jou braaipan, Kortpad met die air-fryer, Vinnig in ’n drukkoker.   –   Ontdek nog ‘n merkwaardige kookboektydskrif deur Herman Lensing, met meer as 65 maklik-om-te-maak resepte vir die huiskok dit sluit in vir ontbyt, middagete, aandete en soet lekkernye. Van geurige, smaakvolle geregte, wat in jou mikrogolf voorberei word tot die slim, tydbesparende voordele van jou drukkoker. Herontdek die gerief van jou “slow cooker” om trooskos moeiteloos voor te berei, en herleef ook die nostalgie van die braaipan. Plus, span jou lugbraaier beter in om jou kosmaakvaardighede na nuwe hoogtes neem. Met hierdie kombuiskatoeters, wat die toets van tyd weerstaan het, transformeer Herman alledaagse kos in gourmet-disse.

Categories
Magazine-2024 Magazine-Afrikaans Business

Landbouweekblad: Innovasie

Landbouweekblad: Innovasie

Category: Business Price: ZAR90
Date: 2024 Frequency: Yearly
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Landbouweekblad Innovasie: Kragoplossings Maak Eskom jou battery + Só koop jy krag terug + Hitte uit hoendermis; Kunsmatige intelligensie Haal só duimsuig uit plaasbesluite; Besproeiing 10 neigings + Minder, maar beter water; Superwindpomp Unieke silinder pomp water 16 keer vinniger; Misdaad Stryd met eie app gewen en Boereplanne: Die room van die oes Beesselfvoerder, Superwa vir 30 skaapkrippe, Deurstapdip, Skietstut, Kompakte dieseltenk en Diefstalbestande toolbox + vele meer.   –   Die eerste uitgawe van Innovasie bevat die vindingrykste idees, konsepte en planne – van die impak van kunsmatige intelligensie op plaasbesluite tot maniere om die ergernis van beurtkrag tot jou voordeel te gebruik. Verdeel in 7 afdelings – algemene bestuur, alternatiewe energie, herlewingslandbou en grondgesondheid, saaiboerdery en meganisasie, tuinbou, water en besproeiing, en vee en jag – sal jy maklik vernuwende planne kan vind om jou te help om aan die voorpunt te vooruitgang te bly. Die beste planne word immers op plaasvlak gebore.

Categories
Food & Beverage Magazine-Afrikaans Magazine-2024

Landbou Boerekos: Saam aan Tafel

Landbou Boerekos: Saam aan Tafel

Category: Food & Beverage Price: 
Date: Somer 2023/2024 Frequency: One Time
Type & Language: Afrikaans Publisher: Media24

Description: In hierdie uitgawe van Landbou Boerekos Saam aan Tafel: 120+ Resepte; Spyskaarte vir spesiale dae Kersfees, Nuwejaar, Paasfees, Moedersdag, Vadersdag, Erfenisdag, Teepartytjie, Tema-etes & meer!; Onthaal sonder sukkel Omseil beurtkrag, Slim werkskedules en flatervrye resepte.   –   In Boerekos Saam aan Tafel, maak ons dit maklik vir jou om vriende en familie tuis te onthaal. Van maklike spyskaarte tot slim werkskedules en heerlike resepte – daar is iets vir elke geleentheid en elke smaak. Die perfekte geskenk vir enige kosliefhebber!

Enable Notifications OK No thanks