Huisgenoot Koning Charles III Gedenkuitgawe
Description: In hierdie gedenkuitgawe: Koning Charles III Hoe gaan Charles die monargie verander?; Alles oor die nuwe monarg Hartseer kinderjare, vroeë liefdes, die toegewyde pa, die dierbare oupa; Die Diana-jare Glans, leuens, jaloesie en tragedie: wat regtig verkeerd geloop het en Camilla Van gehate minnares tot koningingemalin en Charles se rots. – Wees gegroet, koning Charles III! Huisgenoot se spesiale gedenkuitgawe ter viering van die nuwe koning se kroning is gepak met fassinerende stories en asemrowende foto’s vir koninklike aanhangers. Lees alles oor sy gekwelde kindertyd, die fiasko van sy huwelik met Diana en sy stryd om aanvaarding voor hy uiteindelik saam met Camilla geluk gevind het en die rol kon inneem waarop hy hom 70 jaar lank voorberei het.

