Weg! Ry & Sleep Selfdoengids
Description: In hierdie uitgawe: 19 Projekte vir kampeerders Met stap vir stap aanwysings; 7 Wenke as jy tweedehands koop; Diens self jou woonwa Wiellaers, Remskoene en Gasstutte; Woonwa-onderhoud & seilsorg; Plan B op die internet + 15 slim kampplanne. – Die A-tot-Z-gids vir elke kampeerder met handige wenke en stap-vir-stap verduideliking van verskeie selfdoenprojekte. Van hoe om jou woonwa te berg regdeur tot die dilemma van houtvrot. Batteryen bande-sorg is net so belangrik tot vir die wat n woonwa self wil diens. Dit sluit in die neuswiel en koppelstuk tot die remme en wiellaers. Daar is ook raad hoe om jou swartpot nuwe lewe te gee en om jou handbyl weer te vernuwe. Laastens deel medekampeerders hulle eie kampwenke en n klomp idees van die internet af word op die proef gestel.

