CBD-Produkte
Description: In hierdie Spesiale CBD uitgawe: Als oor die gesondheidsgier wat die wêreld laat gons; Ons toets produkte vir jou!; Maak dit self Resepte vir middels uit jou eie kombuis; Hulp vir jou troeteldiere se skete en streke; Kennersraad & Mensestories Só kan dit help met pyn, artritis, ekseem, slaap, die menopouse, skoonheid en fiksheid; Kies die beste produk en regte dosis vir jou. – Was jy nog altyd nuuskierig oor KBD (kannabidiol)? Die nuwe tydskrif CBD-Produkte is die ideale inleiding tot dié nuwe welstandgier wat dit is, hoe dit werk en hoe om die regte dosis en produk vir jou te vind. Ons deel die ervarings van gewone Suid Afrikaners en praat ook met kenners oor hoe voordele wat dié aanvulling vir liggaam en gees kan inhou. Daar is selfs inligting oor KBD vir troeteldiere, asook n nuttige inkopiegids om die bal aan die rol te sit.

