Huisgenoot Potjies
Description: Warm, Gesellig en ongelooflik geurig met Njam, Dis Lam! Potbrood op die vuur en vegetariese fees – Huistenoot 100 Beste Resepte: Potjies is net wat jy nodig het om jou gesin dié winter warm te hou. Daar is die heerlikste bredies en potgeregte om jou in die koue maande deur te sien. Kies van hoender, lamsvleis, varkvleis, beesvleis, seekos, wildsvleis en afval tot poedings en potbrode. Die resepte is maklik en word almal in n pot op die vuur of die stoof gaargemaak wat kan eenvoudiger wees? Kry die resepte vandag en sit sommer vanaand n heerlike beesstertof lamskenkelpotjie of n romerige hoenderkerrie voor!


