Description:
Hier’s ons weer! ‘n Anderse reünie-uitgawe; Snorseun Schalk Bezuidenhout die outjie van Kempton; Wyse woorde vir verwarrende tye; Eksklusief Breyten Breytenbach oor sy laaste dag van sewe jaar agter tralies; ‘Ek het motorneuronsiekte’ Hannelie Booyens oor die terapie van galgehumor en nog baie meer; plus 32 bladsy fiksiebylae ingesluit. – n Eenmalige anderse reünie-uitgawe van die leefstylen meningsblad wat in 2005 bekroon is as beste tydskrif in die land bied wyse woorde vir verwarrende tye.
Die tydskrif is n unieke kombinasie van die beste argief-inhoud en nuwe artikels wat met mekaar praat. Van die woordtowenaars wat deel is van hierdie toe-en-nou-gesprek is Karin Brynard, Ronelda S. Kamfer-Trantraal, Dominique Botha, Rian Malan, Jackie Nagtegaal, Saartjie Botha, Eben Venter, Ricardo Arendse, Ivor Price, Anneliese Burgess, Ingrid Winterbach, Gielie Hoffmann, Johannes de Villiers, Kabous Meiring, Marlene van Niekerk, Schalk Schoombie, Martie Retief-Meiring, Toast Coetzer, Koos Kombuis en meer.
En dis net die tydskrif. Dan het ons nog n fiksiebylae ook 32 bladsye op dieselfde lees geskoei, wat jou gaan laat lag, huil én hoendervleis kry. Dink P.G. du Plessis, Loftus Marais, Zander Strachan, Chase Rhys, Danie Marais, Chris Barnard, Valda Jansen, Bibi Slippers, Sophia van Kapp, Kirby van der Merwe, M.S. Burger
Jy kry dus twee boeke in een!