weg! Namibië
Description: In hierdie uitgawe van Weg! Namibië: Soek jou gunsteling-duin! Skedelkus, Kaokoveld, Kalahari; Victoriawaterval Skiet oor die grens en word sópnat; Locals gee raad Dít vat die koek in Windhoek, Eet en speel hiér op Swakop; Kavango tot Chobe Hou vakansie langs vier riviere; Nyae Nyae-panne Kamp onder n kremetart in die land van die San en 250 + bly-en kampplekke. – Ons jaarlikse Namibië-gids is al n instelling vir liefhebbers van die dorsland! Die akkommodasiegids is vanjaar groter as ooit tevore: meer as 200 plekke van die verste hoek van die Caprivi tot Oranjemund in die suide word gelys. Hierdie jaar se artikels sluit in n Namibwoestyn 4×4-toer, n opsomming van die beste restaurante in Swakopmund en Walvisbaai, die dinge wat gebeur by die Grootfonteinskou (min of meer enigiets ) en wat om te doen in Windhoek. Daars ook reisdagboeke van o.a. n groep visvangvriende teen die Skedelkus noord van Henties, twee vriende wat motorfietsry deur die wilde noorde van die land, n jong paartjie wat kaalvoet (!) duimgooi van Sossus na Outjo en twee ouer egpare wat Damaraland,Kaokoland en Etosha makmaak op hul eie manier. Ons gee jou ook n rugsakpaklys vir die Visriviercanyonstaproete,en ons gesels met van Namibië se kleurvolste karakters, van lodge-eienaars en radiopersoonlikhede tot grafittikunstenaars en duingoggakenners.

